skip to Main Content
FEES In Die Feestyd!

UCOOK nooi jou uit na The Feast, saam met sjef Franck Dangereux.

Desember – en veral Kersfees – is altyd ’n redelike dol tyd van die jaar, veral as jy moet gasvrou speel. UCOOK het hierdie jaar die beste idee om Kersfees vir jou makliker, lekkerder en meer feestelik te maak.

UCOOK, saam met bekroonde sjef, Franck Dangereux en Yuppiechef bring hierdie jaar die fees van ’n leeftyd na jou deur – en dié is iets wat nog nooit voorheen in Suid-Afrika gesien is nie.

Die UCOOk Feast Box, gevul met bestanddele en resepte wat deur Franck geskep is, sal op 22 Desember 2017 by jou voordeur afgelaai word – net betyds vir jou om ’n heerlike feesmaal vir jou vriende en familie voor te berei. Daar sal genoeg kos wees vir 16 mense (teen ’n fraksie van die koste). Jy hoef dus nie in die lang rye by die supermark te gaan staan nie – bonus!

Sjef Franck se inspirasie uit sy Franse herkoms en liefde vir feesvier het sy resepte geïnspireer. Die resepte sluit die volgende in: gerookte sal rosti’s vir voorgereg, vyf bykosse (wat crispy geroosterde aartappels insluit) en jou keuse van óf Duck à L’Orange, fillet, hoender of pork belly. Franck het sy persoonlike stempel op elke dis op die feesspyskaart afgedruk en dis hierdie klein touches wat jou gasvrou van die jaar sal maak.

Franck Dangereux is een van BELLA se kosredakteur se gunsteling sjefs – en geen besoek aan die Kaap is volledig sonder ’n ete by The Foodbarn, en snacks van die Foodbarn Deli in Noordhoek nie.

Om meer uit te vind oor die fees, en om jou boks te bestel, besoek UCOOK.co.za, kies die hoeveelheid gaste wat jy aan tafel gaan hê en maak jou hoofgeregkeuse – alles word dan op 22 Desember 2017 afgelewer. #EasyAsPie

 

Geskryf deur: Mart-Marié du Toit

Foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: