skip to Main Content
Word Weer Heel Na ’n Miskraam | Deel 1

Miskrame is deesdae nogal algemeen maar ongelukkig is daar nie vir elke miskraam ’n cookie-cutter antwoord nie.

Dit is ook heeltemal moontlik dat jy nie sal weet wat die spesifieke rede was vir jou miskraam nie.

Vroue blameer dikwels hulself of vra die vraag: wat moes ek anders gedoen het? Die waarheid is: Dalk is daar niks wat jy anders kon of moes doen nie? Daar is baie min dinge wat ’n mens kan doen om ’n natuurlike miskraam te keer. Jy heers nie oor die natuur nie.

Moontlike redes vir miskrame:
  • Hormonale probleme
  • Chromosoom abnormaliteite
  • Infeksies
  • Gesondheidsprobleme
  • Ouderdom
  • Trauma
  • Ondervoeding
  • Inseminasie was nie suksesvol nie
Dinge wat nie ’n miskraam veroorsaak nie:
  • Seks tydens swangerskap
  • Werk tydens swangerskap
  • Gesonde oefening

Wat om te doen?

Miskrame is baiemaal iets wat in die geheim gebeur en die paartjie praat eers later daaroor. Indien julle kies om dit privaat te hou, maak seker julle ondersteun mekaar. Praat met mekaar en moenie vlug van mekaar nie. Julle het nou nét mekaar, totdat julle kies om dit te deel. Kyk ook na jou liggaam. Jy is dalk nou kwaad en harsteer maar die kanse is goed dat jy weer wil probeer en daarvoor het jy ’n gesonde liggaam nodig wat volkome herstel het van die miskraam.

 

Bronne: issuu.com/johnbrownsalifehealthcare.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: