skip to Main Content
Vakansiedag: Hou Jou Kleuter Só Besig

Jou beursie is leeg en jou kinders se magies propvol paaseiers. Nog ’n vakansiedag wink – hoe gaan jy jou kleuter besig hou?

BELLA het namens jou ’n paar (bekostigbare) maniere gaan opspoor:

1. Let it snow!

Maak jou eie sneeu! Jy benodig: mieliemeel en skeerroom. Meng in ’n bak en maak seker jou kind speel op ’n veilige plek!

2. Boks-plesier

Barney sê: Use your imagination. Kinders speel meestal lekkerder met die boks as ’n duur present.

3. Verf!

Vinger- of waterverf: Laat jou kleinding sy kunstige kant ontdek.

4. Blaas babbels

Meng water en skottelgoedseep vir tuisgemaakte babbels.

5. Dans!

Sit jou kind se gunsteling DVD of liedjie aan en maak daai litte los!

6. Vries dit!

Al wat jy kort is ’n bak, lepels en ysblokkies. Kinders + Water = eindelose plesier.

7. Bou ’n huis

Met kussings en lakens natuurlik! Jou klein indiaan sal ure in sy “huis” speel.

8. Hoera vir klei

Of jy dit koop of maak – klei is ’n wenner! Voeg oulike cookie cutters en plastiekmessies by.

9. Bou ’n legkaart!

10. Speel buite!

Stoor die lysie op jou foon en loer gerus vir ’n idee of twee as jy raadop is!

 

Bronne: mother.ly.com, realsimple.com

Back To Top
%d bloggers like this: