skip to Main Content
Spring Na Beter Ontwikkeling!

Trampolien spring is nie net ’n heerlike tydverdryf nie, maar hou vir kinders voordele in op ’n fisieke, emosionele, akademiese en sosiale vlak.

’n Studie deur Nasa het gewys dat 10 minute op ’n trampolien gelykstaande is aan 33 minute se kardiovaskulêre oefening. Boonop stel die spring aksie gelukkige-hormone vry. ’n Trampolien is ’n wonderlike manier om jou kind te laat beweeg. Skop uit jou skoene en spring ’n slag saam met jou kind!

Oulike springmat speletjies

Boudjie-bons: Spring op die voetjies, land op die sitvlak. Dis groot pret vir volwassenes ook!

Springmielies: Laat jou kind opgekrul sy bene vashou en in die middel van die springmat sit. Spring al in die rondte om hom, totdat sy bene losskiet.

Tradisionele speletjies soos Ring-ring o’ Roses of vroteier kry nuwe wip op ’n springmat.

Hopscotch: Teken prentjies, vorms en letters op die springmat. Moedig jou kind aan om op die sirkel, hasie se ore of pensie te spring.

Hop hasie hop

Daar is trampoliene te kies en keur in winkels soos Sportmans Warehouse en GAME. ’n Trampolien kan egter ’n groot uitgawe wees. Bekommerd oor jou beursie? Besoek jou naaste SPUR of kindervriendelike restaurant met ’n trampolien in die speelarea.

Bounce Inc is ook groot pret vir die hele gesin en fantasties vir ontwikkeling. Kyk uit vir die minibounce sessies (ouderdom 2- 6). Lees meer op hul webtuiste.

Onthou om altyd die rits van die net reg om die trampolien toe te hou terwyl die kinders spring en moenie enige speelgoed op die trampolien laat rondlê nie.

 

Bronne: activeforlife.com, springfreetrampoline.com, bounceinc.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: