skip to Main Content
Sê Koebaai Vir Kieme Met Die 5 Wenke

 O, griep! Ongelukkig hang kieme oral rond en baljaar veral gedurende die ysige winter tussen ons.

Díe praktiese planne sal verseker ’n paar voor-op-die-wa kieme in hul spore stuit.

Borsvoed is goed

Probeer om jou kind solank as moontlik te borsvoed. Dit versterk jou baba se immuunstelsel.

Volg ’n gesonde dieet

Probeer waar moontlik kos in die natuurlikste vorm eet. Fokus op kos ryk aan antioksidante soos pampoen, papaja, aarbeie, sitrus, avokado, neute en sade.

Slaap genoeg…

Voldoende Zzz’s is belangrik vir ’n gesonde immuniteit. Terwyl jou kind by Klaasvakie kuier werk sy liggaam hard om beskadigde selle te herstel.

Was jou hande!

Was jou hande, was jou hande, seep en water, seep en water. Mag dalk net ’n oulike kinderliedjie wees, maar die meeste kieme word oorgedra wanneer ons vat aan iets waaraan ’n siek persoon gevat het. Kieme kan tot 15 uur lank op jou hande oorleef!

Kry ’n griepspuit

Baba kan vanaf ses maande ’n griepinspuiting kry. Griep is ’n ernstige siekte en ’n inenting kan julle beskerm. Vra jou dokter as jy twyfel.

 

Geskryf deur: Helene Olivier

Foto’s: Shutterstock

Bron: Suster Yolandie Fourie is ’n geregistreerde verpleegkundige. Sy is voltyds in privaat praktyk sedert 1997.

Back To Top
%d bloggers like this: