skip to Main Content
Sakpas Speelding Maak ’n Comeback

Onthou jy nog vir Polly Pocket?

30 Jaar gelede het ’n piepklein poppie miljoene harte gesteel. Polly Pocketwas die eerste mikro poppie, wat sedert 1989 al meer as 10 miljoen kompakte kissies verkoop het!

Die sakpas speelding maak ’n terugkeer met ’n splinternuwe look en ’n verrassing om elke hoek en draai. Nou kan kinders Polly en haar maats op lewensgroot avonture vergesel, hul leuse is nie verniet “Tiny is Mighty!” nie.

Foto: Verskaf deur Mattel

Polly Pocketis die perfekte metgesel vir kinders. ’n Sakpas wêreld wat klein handjies orals kan saamdra: Propvol pret- en speelgeleenthede. Ontsluit jou kind se verbeelding en verken die opwindende wêreld van Polly Pocket: ’n Flamingo floatie vir pret in die son, ’n cupcake kissie waar Polly en haar maats bak en brou of ’n piepklein rondawel in die snow globe vir hope winterpret!

Die oulike speelding leer kinders dat om klein te wees is allesbehalwe ’n beperking en dat hul tot enigiets in staat is!

Polly Pocketis beskikbaar in uitgesoekte speelgoedwinkels. Prys begin teen R129,99.

 

Bron: Press Release: 90’s favourite Polly Pocket makes a comeback – Mattel South Africa – 19 February 2019

Back To Top
%d bloggers like this: