skip to Main Content
Omskep Jou Babakamer In ’n Kleuterkamer!

Volg die 5 stappe en omskep jou droommooi babakamer in ’n klein avonturier se paradys.

1. Vervang die babameubels

Bêre die kot vir ’n toekomstige boetie of sussie. Dis tyd vir ’n groot bed! ’n Oulike idee is ’n huis-bed. Versier dit met vlaggies en liggies wat jy goedkoop oppik vir ’n droommooi bed.

2. Tot siens doeketafel!

Omskep die bonkige doeketafel in ’n laaik

as of lessenaar vir jou huis. Belê in oulike kindermeubels wat hope speelgeleentheid bied. Koop ’n teestel of Lego’s en verseker so ure se speelgenot.

3. Skep ’n leeshoekie

Lees is die sleutel tot sukses vir baba se akademiese toekoms! Moedig lees aan en skep ’n magiese leeshoekie. Koop ’n ontwerpers teepee of gaan loer by Mr Price Home vir ’n sakpas tent. ’n Boekrak vir jou kleuter se gunsteling-stories en ’n paar gemaklike kussings = ure se leesplesier!

4. Herorganiseer vir klein handjies

Verkenning en kind-wees loop hand aan hand. Jy hoef nie meer alles buite bereik te plaas nie. Maak seker jou kleuter kan sy boeke, skryfbehoeftes en speelgoed self bykom. Kyk uit vir oulike sorteerhouers!

BELLA wenk: Terwyl jy besig is om Marie Kondo te oortref, maak seker jy verwyder alle onnodige- en baba speelgoed. Bêre dit in ’n krat – dit sorg vir meer speelruimte vir jou besige kleuter.

5. Ken jou kleuter!

Luister na jou kleuter en neem sy voorkeure in ag. Kweek jy ’n klein Picasso? Maak seker daar is ’n kreatiewe hoekie propvol skryfbehoeftes. Dalk ’n Bennie Boekwurm? Sorg vir ’n gesellige boekhoekie, vir ure se leesgenot.

Foto: Shutterstock

Geniet die proses, voor jy jou oë uitvee, is dit tyd vir ’n tienerkamer en –tantrums!

 

Bronne: crateandbarrel.com, progressive.com

Back To Top
%d bloggers like this: