skip to Main Content
5 Maniere Om Met Mom Guilt Te Cope

“I felt like I was not a good mom.” Tennisster Serena Williams het mom-guilt direk aangespreek, toe sy tweet dat haar dogtertjie haar eerste treë gegee het, terwyl sy besig was
om te oefen.

Tennisster, CEO of tuisbly mamma? Almal ken die gevoel: Ma-wees = Mom Guilt.

Devra Renner en Aviva Pflock, skywers van die boek Mommy Guilt: Learn to Worry Less, Focus on What Matters Most, and Raise Happier Kids sê:

“We found that moms from all walks of life have mommy guilt, which blows the ‘grass is greener’ thing right out of the water.”

’n Onlangse studie deur Babycenter toon dat 94% Mammas mom-guilt ervaar! Volgens kenners is mom guilt ’n natuurlike emosie wat voortspruit uit die feit dat alle Mammas hul beste vir hul kleinding wil gee.

Hier is 5 maniere om mom-guilt minder te maak:

Maak tyd vir jouself!

Dit klink dalk vreemd, want gaan ’n bietjie me-time jou nie net nog meer skuldig laat voel nie? Nee! Die spreekwoord “you cannot pour from an empty cup” is waar. Gaan kleur jou hare, laat doen jou naels of drink koffie saam met ’n hartsvriendin.

Hou op vergelyk!

Jy mag dalk dink jou gunsteling mommy blogger het Ma-wees onder die knie, maar daar is nie ’n maatstaf vir die perfekte Mamma nie. Jy is die beste Mamma vir jou kind. Punt.

Fokus op jou goeie punte

Wend ’n doelbewuste poging aan om jouself ’n klop op die skouer te gee. “Ek het vandag 15 minute met baba gespeel.” Moederskap is moeilik genoeg, fokus op die goeie.

Foto: Shutterstock

Moenie ander kritiseer nie

Volgende keer as jy jou oë wil rol vir ’n Mamma wat ’n stuk sjokoladekoek vir haar peuter aanbied onthou: Kinders is uniek. Elke ouer hanteer sy (unieke) kind op hul unieke manier. Die mamma ly heel waarskynlik ook aan mom-guilt en probeer cope met moederskap (nes jy)!

Embrace dit!

Dit klink dalk vreemd, maar mom guilt is eintlik ’n goeie ding.

Pflock sê: “Guilt can actually serve as a helpful tool – as long as you don't take it too far. It can provide a check and balance. The trick is that you want to be in control of the guilt, rather than letting the guilt control you.”

Pflock en Renner sê dat meeste mammas skuldig voel, omdat hul op hul kind geskree het. In plaas van om te verdrink in skuldgevoelens, sien dit as ’n geleentheid om te groei en ’n beter Mamma te wees.

Elizabeth Pantley sê in haar boek The No-Cry Discipline Solution: “Even the most peaceful easy-going parent loses patience and yells from time to time.”

Haal diep asem en groet die Mom-guilt, want alles gaan okay wees!

 

Bronne: babycenter.com,  Mommy Guilt: Learn to Worry Less, Focus on What Matters Most, and Raise Happier Kids, Aviva Pflock & Devra Renner.

Back To Top
%d bloggers like this: