skip to Main Content
Die (in)ding Wat Alle Cool Mammas Doen (met Hope Voordele Vir Baba)

Celeb- en gewone Mammas love dit en Instagram wemel van stylvolle Mammas met een ding in gemeen: Babywearing.

Babywearing word beskryf as die aksie om baba te dra in ’n sling of carrier teenaan die lyf.

Die voordele van babywearing:

Gelukkige babas

Volgens ’n studie in die joernaal Paediatrics huil babas wat gedra word minder! Sowaar? Die studie het bewys dat drie ure se babywearing gedurende die dag, baba 43 % minder deur die dag laat huil en 54% minder gedurende die aand.

Gesonde babas

Wanneer baba teenaan Mamma gedra word, voel hy Mamma se beweging, hartklop en asemhaling. Baba buig en buk en loop as ware saam met haar en dit help dat baba sy fisiese reaksies beter kan reguleer. Navorsing bewys dat babas wat gedra word vinniger gewig optel en oor die algemeen gesonder is.

Ouers met selfvertroue

Babywearing bou van kleins af ’n band tussen Mamma en baba. Mamma leer naderhand elke gesigsuitdrukking en geluid van baba ken – of hy nou honger, dors, vuil of moeg is. Dit bou Mamma se selfvertroue en kan ook nageboorte depressie verminder.

Babywearinginternational stel dit so mooi: 

“Cuddling up close in the sling is a wonderful way to get to know the baby in your life, and for the baby to get to know you!”

Hands free

Mamma (of Pappa) se hande is los! Dit gee jou die nodige vryheid om wasgoed te vou of koffie te drink, terwyl baba rustig teen jou vertoef (of doedoe).

Dis ook die perfekte antwoord as jul ’n aktiewe gesin is wat graag naweke ’n berg uitklim!

Daar is slings en carriers te kies en te keur. Maak seker jy koop die regte een vir jou – en vir baba!

 

Bronne: babywearinginternational.org
Hunziker UA, Garr RG. (1986) Increased carrying reduces infant crying: A random-ized controlled trial. Pediatrics 77:641-648
“Current knowledge about skin-to-skin (kangaroo) care for pre-term infants”. J Perinatol. 1991 Sep;11(3):216-26.
Pelaez-Nogueras M, Field TM, Hossain Z, Pickens J. (1996). Depressed mothers’ touching increases infants’ positive affect and attention in still-face interactions. Child Development, 67, 1780-92.

Back To Top
%d bloggers like this: