skip to Main Content
6 Posisies Vir Mini-yogi’s

Gedink yoga is net vir grootmense en Jennifer Aniston? Dink weer! Yoga hou ’n magdom voordele vir die kleinspan in!

Het jy geweet? Kinders is natuurlike yogi’s – hul hou van speel, lewe in die oomblik en is van nature flexible. Kinders van so klein as twee jaar kan yoga beoefen. Yoga bevorder emosionele intelligensie en algemene gesondheid. Liggaamsbewustheid en selfliefde is nog twee belangrike vaardighede wat mini yogi’s kan aanleer.

Foto: Verskaf

Vergeet van jou werkstres Mamma en trek jou gymbroek aan. Dis tyd om saam met jou kind te rek en strek.

Gaan loer gerus op jenreviews.com vir stap vir stap aanwysings.

Die Likkewaan

Foto: Verskaf

Jy mag dalk sukkel met die beweging, maar sal verbaas wees hoe maklik jou kind dit regkry.

Pret-Wenk: Verbeel julself jul is honger likkewane opsoek na muskiete om te verslind. Kyk rond vir muskiete en haal diep asem met mond toe – asem uit en steek tong uit om muskiete te vang.

Die Draak

Foto: Verskaf

Die posisie bevorder balans en strek die arms, bene en rug.

Pret-Wenk: Span jou kind se verbeelding in, vertel ’n storie van ’n draak wat deur ’n stokou kasteel loop…

Die Padda

Foto: Verskaf

Die posisie versterk bobeen-spiere.

Pret- Wenk: Hop natuurlik! Jy is mos nou ’n padda!

Die Beer

Foto: Verskaf

Strek daai hammies en verlig spanning in die lae rug.

Pret-Wenk: Kinders kan soos bere rondloop, opsoek na bessies. Stop en brul!

Die ster

Foto: Verskaf

Bevorder balans, koördinasie en bou ’n sterk core.

Pret-Wenk: Laat die kleinspan Twinkle Twinkle Little Star sing, terwyl hulle hul vingers beweeg en voete optel.

Take it easy…

Foto: Verskaf

Die maklike posisie is perfek om jul yogi sessie te begin! Vir nog oulike bewegings gaan lees gerus die volledige artikel op jenreviews.com.

Back To Top
%d bloggers like this: