skip to Main Content
2 Moet Sien Animasieprente!

Springmielies, slushpuppie en ’n mooi storie – fliek bly darem maar lekker! Gaan bederf die kinders met twee nuwe animasieprente: The Queen’s Corgi en Ugly Dolls.

Waaroor gaan dit?

In The Queen’s Corgi ontmoet ons die verwaande hoofkarakter Rex. Rex lei ’n luukse lewe in die Buckingham paleis en het ’n spesiale plekkie in die koningin se hart. Wanneer hy egter ’n diplomatiese insident gedurende ’n amptelike ete veroorsaak, tuimel Rex van sy troon. Hy word ’n rondloperhond in die strate van Londen… Gaan hy homself weer kan bewys?

Ugly Dolls spog met sterbelaaide stemme: Kelly Clarkson, Blake Shelton, Emma Roberts en selfs Pitbull. Die musikale avontuur is nie net propvol musiek, avontuur, kinkels en draaie nie, maar vier ook andersheid. Dit is Uglyville versus Perfection Town en hier leer die Ugly Dolls die universele waarheid: “You don’t have to be perfect to be amazing.”

The Queen’s Corgi word op 19 April uitgereik en Ugly Dolls op 10 Mei.

Wen dubbelkaartjies en dié oulike geskenkpak!

Liefste BELLA gee 1 paar dubbelkaartjies weg vir The Queen’s Corgi met ’n oulike geskenkpak! Om in te skryf voltooi die vorm hieronder. 

 

Bron: Empire Entertainment

Back To Top
%d bloggers like this: