skip to Main Content
11 Dinge Wat Alle Swanger Mammas Doen!

 Loer ’n bietjie hier en erken dit maar.

Swanger Mammas…

1. Blaker dit uit…

Jy vertel elke tweede mens op straat die blye nuus: Jy is swanger! Net nou dink hulle jy het oornag 10 kilogram opgetel.

2. Koester jou magie…

Jy vryf sagkens oor jou boepie (wat nog skaars sigbaar is). Net om seker te maak die wêreld besef jy is regtig egtig swanger.

3. Gluur rokers aan

Selfs tweedehandse rook kan skadelik wees vir jou baba. En niemand sal jou kosbare bloedjie skade aandoen nie. No smoking allowed!

4. Piepie aanhoudend

Terwy jy piepie, dink jy aan die volgende keer wat jy kan kom piepie. Dis jou gunsteling stokperdjie! Jy weet ook jy is swanger as ’n nies met ’n bietjie piepie gepaardgaan.

5. Smag na avo- en grondboontjiebotter broodjies

Jy crave skielik die snaakste kossoorte en konkoksies op die vreemdste tye. Blameer dit op die baba!

Foto: Shutterstock

6. Verskree jou partner oor niks

Jou partner beter ligloop, want alles wat hy doen irriteer jou. Kan hy nie net sagter asemhaal nie?

7. Blameer pregnancy brain

Vir alles wat jy vergeet en vir alles wat skeefloop. Dit is glo wetenskaplik bewys.

8. Staar na sonarfoto’s

Jy is doodseker baba het pappa se neus en jou mond. Alhoewel die dokter nog nie met sekerheid die geslag kan bevestig nie.

9. Skrop nes…

Maria Kondo kan gaan slaap! Die Mamma gaan alles, van kombuis- tot klerekaste regpak en sorteer – voor baba se koms.

10. Shop sonder skuldgevoelens…

’n Groter size is nou ’n moet! Geen gewriemel in die aantrekhokkie om in die perfekte 10 te pas nie. Jy mag nou groter- en boonop rekbroeke dra!

11. Kanselleer Netflix…

Jy en jou partner verwonder jul aan baba se skop-talent. Tot siens Bachelor in Paradise!

Back To Top
%d bloggers like this: