skip to Main Content
Get With The New Trend – Au Naturel Kleursels

Daai geoksideerde kleur en reuk van ’n ou boek is darem onnabootsbaar. Maar het jy geweet jy kan bykans enige kleur imiteer met natuurlike produkte?

Met die tekstielindustrie wat een van die grootste bydraers is van besoedeling. En kleurstof in hoë maat die hoofoorsaak daarvan is, is dit belangrik om deel te wees van die oplossing en gebruik te maak van natuurlike produkte om jou DIY projekkie te kleur.

Ek kleur graag my wit kledingstukke, lapservette en tafeldoeke wat per ongeluk tussen die donker wasgoed beland het en nie meer kraakvars wit is nie.

Watter materiaal kan ek kleur?

Natuurlike materiale sal die meeste kleur opneem dus katoen, linne en wol. Verkieslik ongekleurd.

Voorbereiding

Berei die materiaal voor en was dit in ’n oplossings van 200ml sout en 500ml witasyn opgelos in 2 liter water. Los dit vir ’n uur of twee en haal dit dan uit. Hou die materiaal klam – moenie dit laat droog word nie. Hierdie proses help om die kleur te set.

Jy kan hierdie natuurlike produkte gebruik

Geel – Borrie

Groen – Gras

Blou – Bloubessies of rooikool

Pers – Swartbessies of druiwe

Rooi – Beet

Pienk – Aalbessies, frambose en roosblare

Oranje – Wortel en botterskorsie

Bruin  – Koffie en tee

Grys –  Iriswortels

Proses

Gebruik vars en ryp natuurlike produkte om die proses te begin. Sny die produk van jou keuse op (indien dit ’n growwer item is, kan jy dit bars met ’n hamer). Hoe meer oppervlakte blootgestel is, hoe meer kleursel kan jy verwag.

Onthou kleursel vlek, gebruik dus ’n pot waarvoor jy nie jammer is nie en handskoene of ’n tang. Kook die natuurlike produk in dubbel die hoeveelheid water tot die water die regte intensiteit kleur het. Gooi nou jou materiaal in en kook die spul vir ’n uur of totdat jy gelukkig is met die kleurintensiteit. Jy kan die hitte afdraai en dit oornag los indien jy ’n donkerder kleur wil hê. Haal die materiaal uit en spoel die oorblywende kleursel af. Laat dit droogword en voila!

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: