skip to Main Content
Tydlyn Vir Jou Troeteldier Se Inentings

Dalk glo jy nie in inentings (vir jouself, jou kind), feëtjies of Kersvader nie. Dis joú saak. Maar begin vinnig glo in inentings vir jou troeteldier!

Hier volg ’n tydlyn vir jou troeteldier se inentings sodat jou diertjie altyd op datum bly met hulle inentings. 

  1. Geboorte: Jou troeteldiertjie leef basically op sy ma se immuunstelsel gedeeltelik verkry deur die plasenta en veral deur die eerste melk – kolostrum. Dus, as mammabrak nie behoorlik ingeënt is nie het baba min weerstand!
  2. 6 weke: Hondjie kry sy eerste inenting.
  3. 8 weke: Katjie kry sy eerste inenting.
  4. 10-12 weke: Beide Brakkenjan en Die Swart Kat kry hul tweede rondte inentings en op 12 weke word hulle teen hondsdolheid ingeënt.
  5. 15-16 weke: Hondjie kry sy derde inenting. Katjie kry die hondsdolheids-booster.
  6. 12 maande: Hondsdolheid-inenting word herhaal. Booster word toegedien.

Disclaimer: Die aantal weke verskil van bron tot bron, maak seker by jou eie veearts.

Foto: Shutterstock

Veeartse stel voor dat jou dier jaarliks ’n inenting ontvang. Die breed speel ook ’n rol in vatbaarheid vir siektes. Platneus honde (soos Boxers en Pugs) is meer vatbaar vir Kennel Cough en moet meer gereeld inentings kry.

As jy jou hond inent, het hy die nodige immuniteit om teen die mees algemene siektes te veg:

  1. Distemper (Hondesiekte): Virale infeksie wat die longe, gedermtes en brein infiltreer. Verkoue-simptome.
  2. Hepatitis: Tas die lewer aan. Verlies van eetlus en koors dui op die kondisie.
  3. Parvovirus (Katgriep): Virale infeksie in die ingewande. Simptome sluit in diaree, braking en koors.

Katte het net nege lewens indien hulle al hul inentings ontvang – en dieselfde geld vir Wollie 😉!

 

Back To Top
%d bloggers like this: