skip to Main Content
Ken Die Tekens Van Dehidrasie In Jou Troeteldier

Hitsig. Bloedig. Vuurwarm. Wat kan help? H2O.

Somer in Suid-Afrika laat selfs Marsmannetjies sweet. Dink net hoe dit moet voel om met ’n dubbellaag pelsjas in die son te speel.

Mmm… Nou wonder ons nog waarom Husky se tong agterna sleep soos sewe sakke sout! Daarom moet hondemammas altyd seker maak dat hul hondebabas meer as genoeg water het. Puppies, seniors en sogende tewe loop die grootste risiko as dit by dehidrasie kom.

Ken die tekens van dehidrasie in jou troeteldier – dis basic noodhulp 101.

Toets 1: Worsman se vel verloor elastisiteit. Gee die vel so knypie en as hy gedihidreer is, sukkel die vel om weer plat te gaan lê.

Toets 2: Kyk vir ’n droë neusie en tandevleis. (Onthou dat droë neusie nie net ’n aanwyser vir dehidrasie is nie, maar baie ander kwale!)

Toets 3: Verlies van eetlus en lae energie reserwes. As Wollie net lê en kyk vir sy bal is daar fout.

Toets 4: In ernstige gevalle kan braking en diarree voorkom. Vat jou kind dan dadelik veearts toe!

Let wel, dat die dehidrasie nie net reg gedokter kan word deur water nie. Elektroliete is ook nodig. (Veral as jou woef gedehidreer is as gevolg van diarree en braking.)

Diarree en braking kan voorkom as gevolg van wurms – so ontwurm gereeld!

Foto: Shutterstock

Prevention is better than cure – Amen! Geen rede dat jou dom besluite die veearts se seevakansie hoef te befonds nie. Voorkom dehidrasie in jou troeteldier met sproeier-speletjies of skulpie-swembadjies met water vir Weimeraner en Wors. Verseker dat jou hond altyd toegang het tot vars water. Sit ’n paar waterbakke op jou hond se gunstelingplekke. In plaas van hondepille, kan jy jou hond blikkieskos gee in die somer om vloeistof inname te verhoog. Óf: Maak hondekoeldrank (aka broth) met hoender of bees. Geen bene asseblief!

H2O vir HOND sal beslis sterte laat swaai.

 

 

Bronne:  www.akc.org, m.petmd.com, www.cesarsway.com

Back To Top
%d bloggers like this: