skip to Main Content
Is ’n Gereelde Hondebad Regtig Nodig?

Voëltjiemis vir deodorant. Bruin tennisballe vir tandeborsel. Om jou honde te bad is nie so nodig soos wat ons dink nie!

Nat honde ruik soos komkommer. Dit maak mens en veral diere bitter baie bekommerd. Meeste honde háát badtyd. As hulle die skottel of hondesjampoe gewaar verdwyn hulle soos mis voor die son. Want jig, watter goed opgevoede hond wil soos stinkerige seep ruik?

Dit vat immers harde werk en baie tyd om in al die lekker reukies in die tuin te gaan rondrol. Nou wil baas dit afwas? Lekker simpel. Bad is nat, ongemaklik en baie traumaties. Daarom kruip Bruno altyd weg vir badtyd. Maar is
’n gereelde hondebad dan regtig nodig?

Lees: Help jou hond langer leef

Vir die eienaar: dalk. Gereelde bubble baths kan allergieë hokslaan. ’n Lekker vars bad kan ook van Stinkie se natuurlike parfuum ontslae raak. Is badtyd nodig vir Pote? Dit hang af. Die tipe hond, sy gesondheid en omgewing waarin hy woon, speel ’n rol. Soms is ’n borsel al wat werklik nodig is.

Foto: Shutterstock

Honde met dik dubbelpelse soos Huskies kan minder bad en meer uitgekam word. Korthaar honde soos Jack Russels en Beagles hoef nie so gereeld te bad soos honde met olierige velle soos Bassets nie. Tensy jul veearts anders aanbeveel en jou woef ’n velprobleem het, kan Bakkies lank sonder ’n bad gaan.

Moenie meer as een maal per week die hondesjampoe uitpluk nie. ’n Maandelikse splish splash met hondesjampoe of babasjampoe word aanbeveel. Té veel van ’n goeie ding is nooit goed nie. Té veel stink is sleg en té veel bad kan woefkind se natuurlike olies afwas en sy vel uitdroog.

Lees: Hoe om jou hond te leer fetch

As jy jou hond van kleintyd af gerus wil stel vir seeptyd, hou by roetine. Selfde plek. Gebruik louwarm water. Jy sal ook stres as iemand jou met yswater bykom!

Die goue reël: as dit stink, bad.

 

Bronne: m.petmd.com, cesarsway.com, dogtime.com

Back To Top
%d bloggers like this: