skip to Main Content
Gebruik Natuurlike Middels Vir Fifi Se Vlooi

Omgewingsbewuste diereliefhebbers wêreldwyd sidder om te dink aan chemiese afweermiddels vir die creepy crawlies op hulle wolkinders.

Vlooie is ’n tameletjie. Buiten die gejeuk van die parasietpartytjie, kan nie-natuurlike afweermiddels velirritasie vererger. Gebruik hierdie natuurlike middels vir Fifi se vlooi:

  1. Was jou troeteldier se beddegoed met kookwater en sondroog alle ongediertes in hulle kanonne in.
  2. Plant ’n kruietuin naby Wollie se hondehok. Kruie met sterk geure soos tiemie, basiliekruid, salie, laventel en kruisement weer insekte af.
  3. Vars suurlemoensap kan gebruik word om jou hond se gunsteling lêplekke te bespuit.
  4. Gebruik klein hoeveelhede essensiële olies soos laventel of roosmaryn en verdun dit met óf water óf ’n draer-olie soos klapper of druifsaad. Sproei op areas wat geteister word. Neus en oë moet nie in aanraking kom met die mengsel nie!
  5. Waarskuwing: Moenie sommer enige essensiële olies gebruik nie – Tea Tree is toksies vir katte en honde! Doen deeglik navorsing.
  6. Appelasyn kan 1:1 met water gemeng word. ’n Spuitbottel met hierdie konkoksie kan handig te pas kom as jy die vlooitrein hoor fluit.

Foto: Shutterstock

Dit jeuk, Mamma. Wat nou?
  1. Maak ’n pot chamomile tee, laat dit afkoel, gooi die brousel in ’n spuitbottel en sproei die geaffekteerde area vir verligting van vlooibyte.
  2. Hawermout is ’n uitstekende doepa as gevolg van sy anti-inflammatoriese eienskappe. Dis nie net goed vir jou dier se binnegoed nie, maar sal sy buitegoed minder laat jeuk.
  3. Natuurlike virgin klapperolie is antibakteries. Al is vlooi knype iets van die verlede, sal dit Wagter se vel beskerm en sy jassie mooi sag maak! Gooi elke nou en dan ’n tratsie klapperolie oor die hondekos.

Natuurlike rate stel woef én Moeder aarde gerus. ’n Jeukvrye hond, is ’n gelukkige hond!

 

Bronne: m.petmd.com, dogster.com, dogsnaturallymagazine.com

Back To Top
%d bloggers like this: