skip to Main Content
Bly Kalm En Doen Doga

Yoga vir jou en doga saam met jou hond. Ervaar die downward-facing dog in lewende lywe…

Nie almal het die strukturele kapasiteit vir ver ente hardloop nie. Bo en behalwe die gô’s wat uit is, is dit moeilik om waatlemoene saam te dra…

Vir ’n rustige oefensessie (sonder marathonskoene), rek, strek en doen eerder doga. Yoga beteken ‘verenig’ in Sanskrit. Doga gaan dus nie net die litte loskry nie, maar sal jou en jou hond help om te bond.

Scooby sal nie sommer split nie – en moet hom ook nie forseer nie. Die idee agter doga is ontspanning en meditasie. Kleiner honde kan in jou poses ingewerk word. Meer spesifiek die Warrior I pose. (PS. moenie jou boerboel probeer optel nie, hierdie is nie Crossfit nie.) Horingoues en vetties sal in die langtermyn baat by die ekstra rekke en strekke en sal beslis meer woema hê!

BELLA Yoga Dag: Kom rek en strek saam met ons by Menlyn Maine Central Square.

Bly kalm en na-aap jou hond (en leer dan jou hond om op bevel die strekke te doen):

  1. Downward-Facing Dog: Hande en voete plat op die mat, stert in die lug.
  2. Upward-Facing Dog: Jy hou jou bolyf regop deur reguit arms, palms op die mat. Jou bene en die bokant van jou voete is plat op die mat.
  3. Sundial/ Compass: (Die pose wat jy nie wil hê jou hondlief moet doen as jy kuiermense het nie). Een been na binne gebuig, een voet reguit op verby jou kop gestrek en hou hom met die teenoorgestelde hand vas. (Wollie sal vertroud wees met hierdie beweging indien hy sy been agter sy nek inhaak en Suidwaarts snuf.)
  4. Supported Fetal: Jy lê op jou rug en vou jou knieë op na jou bors. Jy kan links of regs lê. Woefkind se pose gaan lyk soos ’n opgerolde bolletjie liefde.

Benodigdhede: Hond, yoga-matjie en gesonde treats.

 

Bronne: active.com, thebark.com, everydayhealth.com, chopra.com

Back To Top
%d bloggers like this: