skip to Main Content
Bizkit Die Kat

#LiefsteBELLA se top troeteldier van die maand. Ontmoet vir Bizkit, die eienaar van die Botha’s.

Katte is baie interessante inwoners en nie verniet internetsensasies nie! Bizkit staan nie terug vir al die tawwe tiere daarbuite nie en deel graag ’n paar dag-tot-dag dinge!

  1. Wat is jou gusteling-kos? Ek eet net Whiskas en as ek moét sal ek maar tuna aanvaar.
  2. Waarmee hou jy jouself besig deur die dae? Behalwe vir slaap hou ek daarvan om die duiwe dop te hou.
  3. Vang jy ooit kattekwaad aan? Ek hou daarvan om my mense onverwags te bespring – die kyke wat ek kry maak my dag!
  4. Verkies jy meowsic of meowies? Om op die bank te lê en Big Bang Theory te kyk.

Bizkit is ’n gelukkige kat, gereeld ’n lekker lui kat en dink die ander inwoners van die huis is Purrrrrrfek!

Deel jou dier se stories met ons by pets@bellamagsa.com.

 

Geskryf deur: Johanica Havenga
Foto’s: Verskaf deur Anché Botha

Back To Top
%d bloggers like this: