skip to Main Content
Tips: Om ’n Raam Te Hang

Die onbegonne taak – tot dit gedoen is! Hier is die wie, wat, waar en hoekom van rame teen ’n muur vassit. 

Wie?

Jy en ’n ekstra paar hande.

Met wat?

’n Spyker vir ligte rame en ornamente.

Gebruik liefs skroewe vir swaar rame. Dit is sterk, duursaam en gee die beste resultate. Die skroewe moet ten minste 5mm x 40mm wees. Vra die hardewarewinkel watter skroewe geskik sal wees vir die gewig van die raam.

Waar hang jy?

Mens se oog is geneig om simmetrie voor te trek. Dit is maar die beste opsie.

Alternatief, kan jy net balans in gedagte hou – jy kan ’n raam ver links of regs hang, balanseer dit net uit met ’n voorwerp soos ’n potplant, pendant of spieël.

Die middel van jou raam moet ooghoogte hoog geplaas word. Natuurlik, verskil almal se ooghoogtes. Werk op 152cm – 165cm vanaf die vloer.

Kluster rame? Geen probleem, sien dit as ’n eenheid. Die middel van jou eenheid moet ooghoogte wees. Plaas die rame ewe ver uitmekaar uit binne jou eenheid.

Sny koerantpapier stukke uit, wat dieselfde groottes is as jou rame, plak dit op die muur. So sal jy presies kan sien hoe dit gaan lyk.

Foto: Shutterstock

Kom ons doen dit?

Identifiseer die geskikte posisie waar die raam of ornament die beste sal pas. Kry jou helper om die raam vas te hou en merk dan die bokant teen die oppervlak van links na regs met maskeerband.

Bepaal waar die raam se ankerpunt sal wees as dit teen die muur hang. Gebruik die maskeerband vir ’n indikasie van waar die skroef of spyker moet ingaan. Merk die posisie (of posisies indien meer) met ’n potlood en kry die boormasjien en hammer reg.

Maak seker die skroef of spyker is stewig in voordat jy enige iets daaraan hang.

Wenk: Plak ’n koevert met maskeerband vas onder jou boorgaatjies, so vang dit die grys van die boor op en jy hoef nie agterna skoon te maak nie.  

Back To Top
%d bloggers like this: