skip to Main Content
Tips: Maak Jou Huis Snoesig Die Winter

Soos Frank Loesser sing: “Baby, it’s cold outside” om sy liefling te oortuig om binne te bly. So wil ons ’n paar wenke met jou deel wat geen oortuiging nodig het nie.

Foto: Shutterstock

Tjoef-tjaf veranderinge:
  • Strooi snoesige faux-fur, fluweel of enige growwe tekstuur strooikussings op jou bed en banke. Die volume van die kussings skep die uitnodigende atmosfeer.
  • Ruil jou somer duvet vir ’n dons of faux veer duvet.
  • Layer kwilts of chunky throws oor jou bed, saam met die hoop kussings moet dit lyk soos ’n fluffy wolk om in weg te raak.
  • Materiale soos akriel, wol, flannel en linne het ’n knus gevoel wat ’n warmer milieu skep. Gee dit voorkeur!
  • Om langs ’n kaggel of by kerslig te eet gee daai romantiese atmosfeer. Boots die gevoel na deur warm geel gloeilampe te gebruik.
  • Maak gebruik van kunswerke, of fotorame met verskillende afwerkings, deur dit op ’n aksentmuur te plaas. Sodoende, skep jy ’n dramatiese effek. Dit dra by tot die balans tussen die meubels en die muurbehangsels.

Foto: Shutterstock

As jy ernstig is oor snoesigheid:
  • Belê in ’n cosy losmat. Ons winters is taamlik kort en ons matte is meer geskik vir somerdae. Gooi die ekstra mat oor jou huidige matte om dubbel gemak te bied. Niemand wil met hulle voete op koue teëls loop nie.
  • Stel donkerkleure voor aan jou spasie. Edelsteenkleure soos smaraggroen, robynrooi en saffierblou gee ’n onblusbare intimiteit aan ’n spasie. Oorweeg om ’n aksent muur te verf of as jy dapper is, sommer al die mure in die vertrek.
  • Swaarder en donkerkleurige gordyne is ook ’n opsie – dit kan help om die koue uit te hou en ’n snug donker gevoel te gee.

Foto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: