skip to Main Content
Tip: Ontwerperswenke Om Jou Vertrek Meer Ruim Te Laat Vertoon

Het jy ’n beknopte spasie wat jy wil laat groter lyk?

BELLA het gaan ondersoek instel; hier is ons top tips:

  1. Vermom ’n piepklein venstertjie om kolossaal voor te kom– installeer ’n wyer gordynpaal wat vêr oor die venster steek so na aan die plafon as moontlik. Hang lang gordyne tot teen die vloer. Die vertikale vloei skep die illusie vanruimte.
  2. Gebruik ligte materiale soos voils as gordyne om ’n sagte vloeiende atmosfeer te skep. Dramatiese draperings in dik geweefde materiaal lyk swaar.
  3. Bly weg van donkerkleure – dit spring eerste na jou oog toe! En absorbeer ook natuurlike lig en lig gee spasie. Gebruik afwit, neutrale of ligte pastelkleure.
  4. Verf jou plafon, mure en afwerkings in dieselfde neutrale kleur. So vertoon dit soomloos en ruim.
  5. Vermy bulky of hoë meubels soos banke en boekrakke. Hoe laer ’n bank hoe meer muurspasie vir jou oog. Groot boekrakke kan reusagtig voorkom, gebruik liefs muurrakke of smaller boekrakke wat dieselfde kleur as die mure geverf is.

Wat is jou top tip, Liefste BELLA? Stuur gerus vir ons ’n e-pos na decor@bellamagsa.com

Back To Top
%d bloggers like this: