skip to Main Content
TIP: Herstoffeer Jy? Hier Is Die Load Down

Trek vir jou banke ’n nuwe baadjie aan. Herstoffeer is jou beste (en somtyds goedkoopste) geweer.

Hier is ’n paar wenke om jou te lei in die proses.

As jy ’n stoffeerder kies:

  • Nader ’n stoffeerder met goeie verwysings en wat ’n waarborg kan aanbied.
  • Indien die stoffeerder werk aan die raam van die meubelstuk – moet jy ook ’n waarborg aanvra.
  • Meeste stoffeerders het toegang tot bekende materiaalhuise se materiale maar dit is nie te sê jy hoef gebruik te maak van hulle produk nie.
  • CMT (cut-make-trim) is die kostes verbonde aan die arbeid, dit sluit die materiaalkostes en afleweringskostes uit.
  • Bevestig afleweringskostes verbonde aan die diens.
  • Neem lead times in gedagte, jy gaan vir ’n rukkie sonder die meubelstuk moet leef.

Foto: Shutterstock

As jy materiaal kies, hou die volgende ingedagte:

  • Enige materiaal het dye lots hetsy dit natuurlik of sinteties is. Maak seker jy koop genoeg materiaal aan om seker te maak die kleur wat jy kies is konstant. As jy te kort kom, gaan jou materiaalverskaffer moontlik nie meer dieselfde dye lot hê om jou te help nie.
  • Neem altyd ’n stukkie van die materiaal saam met jou huis toe – plaas dit op die meubelstuk. Natuurlike en sintetiese lig kan ’n rol speel in die kleur van die materiaal.
Materiaal
  • Vra vir jou materiaalverskaffers vir die rub count van die materiaal. Maak seker die rub count is 15 000 of meer.
  • Indien jou meubelstuk in ’n sonnige vertrek staan, kan jy ook vra vir die kleurvastheid.
  • Natuurlike materiale is minder geneig om te frummel, te danke aan die kort veseltjies van die gare wat losbreek van die oppervlak. Sintetiese materiale kan soms frummel as gevolg van die sterker vesels.
Leer
  • Indien jy egte leer oorweeg – gaan jy heelwat meer materiaal benodig. Jy kan die lopende meters wat jy vir tekstiel benodig met 1.69 maal. Dit reken snywaarde in.
  • Dye lots op leer is heelwat prominent met natuurlike produkte. Maak seker jy het eerder te veel as te min.

Geniet die opknap!

Back To Top
%d bloggers like this: