skip to Main Content
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography

Winteraande is vir glühwein, hipnotiserende hout wat brand in die kaggel, gesellige samesyn, oordadige tafeldekor en koningskos.

By Liefste BELLA vier ons die lewe, in oorvloed, met oorvloed! Wat ’n beter manier om drie kragtige koninginne te nooi na ons fenomenale feesmaal. Ons channel ons kontemporêre Lagertha Lothbroks en Daenerys Targaryens daarbuite, die brawe warriors wat nie skrik vir ’n oordadige gedoente nie.

Kry die look deur ’n donkerkleurige tafeldoek as jou basis te gebruik. Moenie skroom vir iets uniek met ’n lekker tekstuur nie. Gebruik gekleurde glase- en wynglase om bietjie hoogte aan die tafel te gee. Metaalafwerkings sorg vir daai koninklike gevoel. Gaan na jou plaaslike mark vir vars groente, los die blare en stingels aan en plaas dit strategies op jou lang tafel om ’n loper te vorm. Groepeer 3-4 verskillende groentes in goue staanders om daai weelderige gevoel aan die tafel te gee.

Gebruik ook ’n paar horings as deel van die tafeldekor – dis tog só Medieval en gepas. Groot stukke vleis en heel geroosterde groentes sal die perfekte pasmaat wees vir ’n familiestyl ete. Ons gebruik sommer rof gesnyde stukke fluweel as servette en rond dit af met ’n sneeuwitjierooi appel vir nostalgie wat gepaard gaan met wonderwêrelde. Gebruik jou verbeelding, speel met jou gaste se sintuie. Dit is altyd ’n aanknopingspunt om ’n tafel.

Geniet die winterseisoen, daar is soveel mooi en kosbare cosy oomblikke wat gevier moet word. Maak jou spasie ’n gesellige saamkomplek vir jou en jou mense om herinneringe bymekaar te maak.

Because, Winter is coming..

 

Foto’s: Nielette Smith van Nielette Smith Photography

Grimering en hare: Viné Judd van V Does Makeup

Modelle: Madeli De Bod, Criske Hechter en Jayda Cameron

Kos: Ciske Labuschagne van Eighty Ate Food Co

Dekor en Styling: Anja Labuschagne

Grys waterglase, borde, glaspot met goue afwering en eetgerei: MRP Home

Madeli en Criske se rokke: Made Design Atelier

Back To Top
%d bloggers like this: