skip to Main Content
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography

Ek nooi julle uit na ons salige huis waar kalmte seëvier. Hierdie is my sewende hemel.

Saans lê ek in my bed en droom.. Nie oor ’n troue nie, nie oor ’n luuksemotor nie. Oor ’n huis waar ek en my liefste Gerhard kan lééf, waar ons twee hondekinders kan hardloop en op ’n stoep blaf tot hartelus. Dit is my droom. En nou is ons in ons droomhuis.

Ek en Gerhard lag stilletjies as iemand vra hoe ons ontmoet het – dit was allermins romanties! Maar dit voel vir my irrelevant want my alledaagse lewe oortref die ideaal wat ek in my kop gehad het. En ons huis dra by tot hierdie gevoel.

Foto’s: Regte huis: Retro-ready Joburg meenthuis

Ons is regte huismense, ons wil ons mense by ons hê, ’n lekker ete voorberei en net wéés.

Gerhard se nuutste obsessie is ’n kombinasie van tuisgemaakte cocktails en tech- savvy produkte wat hy regoor die wêreld bymekaarmaak. Vreemde kombinasie maar vir een of ander rede werk dit uitstekend saam. As iemand by die deur instap skree hulle: “Hey, Google”. Google Home gesels graag terug en soos tipiese Afrikaner sê ons “yes, please” asof ’n masjien gaan omgee of ons maniere het of nie.

Ons speel graag ook met Vinny en Lieka en dus het ons ’n binne-buitelewe. Ons het die interieur so probeer hou. Natuurlike teksture soos houte en linne gekombineer met binnehuis plante en hier en daar ’n Katoenknop-produk. Boonop is ek geseën met ’n talentvolle ma wat haar hand geleen het om planters, kussings en table arts te maak vir daai ekstra pizazz.

Foto’s: Babakamer: Luke se wildtuin babakamer

Jou huis is waar jou hart is, en daar waar jou hart is moet dit mooi wees.

Gaan loer na my artikel waar ek my eerstehandse wenke deel oor huiskoop.

 

Foto’s: Nielette Smith Photography

Back To Top
%d bloggers like this: