skip to Main Content
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography
Foto: Nielette Smith Photography

Skoert met ouderdombeperkings op temas! Die lewe is te kort om nie ’n party te maak van elke geleentheid nie. Trek aan jou glitter – want ons gaan nou skitter!

Hier is ’n paar vinnige wenke om ’n partytjie blitsvinnig aanmekaar te flans:

  1. Meeste winkels het nou ’n afdeling spesiaal vir partytjies – maak gebruik hiervan! Jy kan sommer die papierstrooitjies, servette, glase, papierborde en mooimaakgoed onder dieselfde dak koop. Daar is baie oulike temas wat jou kan inspireer.
  2. Hou die eet en drinkgoedjies eenvoudig – so haal jy druk van jouself af en geniet die aand ten volle. Lekkers in mooi bakkies, koeldrank in blikkies en natuurlik ietsie alkoholies vir die stouter meer(gin)ne.
  3. Gee geskenkpakkies vir jou gaste met tema-verwante items – so kan hulle dadelik gebruik maak daarvan en die foto’s lyk ongelooflik. Elke gas kan dan ietsie huis toe neem as memorabilia. Oogmaskers, pantoffels en meerminkoppies is oulike geskenkidees.
  4. Praat so van foto’s – maak seker daar word foto’s geneem, so is die memory altyd vasgevang. Ons is mal oor Instax, dit pas perfek in jou beursie en elke gas kan dit sommer dadelik huis toe neem.
  5. Maak seker jou oorslaapgaste voel ekstra spesiaal deur hulle kamers ook te versier en partytjie-ready te kry. Versier die mure en strooi mooi kussings op die bed. Dis vreeslik opwindend as die partytjie skuif van een area na ’n ander.

Lekker partytjie hou, meerminne!

Dekor en partytjie gereedskap: MRP Home

Back To Top
%d bloggers like this: