skip to Main Content
Natuur – Altyd Mode, Sê Kenner, Letsi Galvin

“Jou tuiste moet jou veilig en gerus laat voel, visueel stimulerend wees en jou persoonlike stempel afdruk.”

Letsi Galvin, kreatiewe direkteur van Kontras. Interiors., skryf ’n dosis natuurtonele per dag voor. Dit verlaag stresvlakke, kikker jou gemoed op en maak jou rustig. Om die rede is natuur Letsi se primêre bron van inspirasie in die beplanning van haar interieurprojekte.

Fotograaf: Courtney Greger
Foto: Letsi Galvin kreatiewe direkteur KONTRAS

Met behulp van sosiale platforms soos Instagram en Pinterest vind ’n mens telkemale visuele voorbeelde waarby jy aanklank vind, maar die vangplek vir haar is om die ontwerp tydloos te implementeer en seker te maak dit voldoen aan haar kliënte se behoeftes. Interieurontwerp steun deesdae op moederaarde vir inspirasie, natuur prikkel alle sintuie en speel ’n rol in emosionele welstand – reuke, smake, geluide, visuele beelde en tasbare teksture laat ons gegrond en veilig voel in ontasbare tye. Dus, is dit noodsaaklik om seker te maak sy blaas haar vars wind in jou tuiste in.

Ons ken die natuur, van kleins af is dit jou omgewing en sal dit jou omgewing bly mits ons mooi daarna kyk. Hoe nader ons aan die natuur leef deur produkte te gebruik wat van natuurlike materiale gemaak is, hoe beter. Om natuur as inspirasie te gebruik sal net nooit uit die mode gaan nie.

Fotograaf: Courtney Greger

Kies hout, linne, katoen, wol, keramiek, rottang, bamboes, kurk en leer. Deur produkte aan te skaf wat plaaslik vervaardig word, maak ’n mens ’n positiewe bydrae tot werkverskaffing en boonop verlaag jy jou koolstofvoetspoor. Aardverwarming en energieverbruik lê almal na aan die hart.  Oorskry bietjie jou interieurgrense en bring die natuur in hetsy jy jou meubels soos plante laat lyk of jy honderde LED liggies gebruik om jou plafon soos die sterrehemel te laat lyk, jou huis geil pak met binnehuisplante of gebruik maak van muurpapier wat jou laat voel of jy in die woud sit. Onthou om jou sintuie ingedagte te hou, hulle wil geprikkel word!

Fotograaf: Courtney Greger

“Green, which is Nature’s colour, is restful, soothing, cheerful, and health-giving.”

 – Paul Brunton

 

 

 

LINKS

W: http://www.kontras.co.za/

F: https://www.facebook.com/KontrasInteriors/

I: kontras.interiors

Back To Top
%d bloggers like this: