skip to Main Content
Luister! Joburg Blomme-BELLA’s

 ‘I must have flowers, always, and always.’ – Claude Monet.

Na my onlangse besoek in Parys het ek net weer my liefde vir blomme herontdek. Die Franse-strate loop oor met varsgesnyde bondels kleur wat harmonieus langs mekaar dans en jou nooi om in detail nader te kom en te bewonder. Die reuk – vars, soet en betowerend. My huis is selde sonder blomme; hetsy ’n binnehuisplantjie of sommer net ’n roosmaryntakkie. Dis ’n opwindende soengroet sodra jy by die deur instap.

My ekstase toe ek hoor van Bloom Box! Karen Dalton van Dalton & Bloom stuur 2 keer ’n maand vir jou ’n boks vol seisoenale vars gesnyde blomme by jou deur af. Gepaard met ’n stap-vir-stap video om die blomme te rangskik in die gemak van jou eie huis! Daar word gesê mens kan nie liefde koop nie maar teen R550 ’n maand vir 2 bokse (afleweringskostes uitgesluit) het ek my bedenkinge.

*Ongelukkig is Bloom Box net van toepassing op Johannesburg en die omliggende areas.

Vir meer inligitng besoek hulle webblad by daltonbloom.com.

 

Geskryf deur: Anja Labuschagne

Foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: