skip to Main Content
Kultiveer Jou Instagram En Follow Dié Suid-Afrikaanse Kunstenaars!

Romero Britto sê: “Art is too important not to share” en ons land loop behoorlik oor met belowende kunstenaars.

Hier is ’n lys Instagram-profiele wat elke BELLA móét volg:

1. Victoria_verbaan

Victoria Verbaan se werk is ’n feesviering van die vrou en haar liggaam. Daar is ’n aspek van identifisering met die beweging van die figure wat sy natuurlik tog ekspressief vasvang.

2. Lorraine Loots

Kyk, sit jou foon nader aan jou gesig, kyk weer? Wat! Ja, dis waar. Gaan loer bietjie – jy sal dit nie glo nie.

3. Mariëtte Kotzé

Tyd gaan soos blits verby, Mariëtte gryp ’n oogknip oomblik vas! Haar werk vloei, is oop vir interpretasie en emosie. Wat voel jy as jy diep kyk?

4. Dr Nanna Venter

High-five aan al die comic-susters wie se harte klop vir Marvel comics! Anja AKA Nanna is ’n bobaas illustreerder en mens kan nie help om te dink dat sy ook ’n superkrag het met daai elektriese pienk hare nie.

5. Bron Stofberg

Maggies! Die toonbeeld van kontemporêre abstrakte kuns. Ons is verslaaf aan die sirkelkuns.

Tag @bellamag_sa, in jou gunsteling Suid-Afrikaanse kunstenaar se werk, gebruik #BELLAKunsKoppe! Ons kyk uit vir julle!

 

Saamgestel deur Anja Labuschagne
Hooffoto: facebook.com/paintingsforants

Back To Top
%d bloggers like this: