skip to Main Content
Jou Eerste Eiendom: Volg Hierdie 3 B’s

Jy is uiteindelik op jou voete en reg om die groot stap te neem – jou eerste eiendom! Om ’n plekkie van jou eie te kry, is ’n massiewe verantwoordelikheid.

Hou die 3 B’s in gedagte om jou voor te berei:

Lees: Die geheim om sukseslvol eiendom te koop om dit te verhuur

1. Bekostigbaarheid.

  • Jou huispaaiement moet liefs nie meer as 30% van jou gross inkomste wees nie.
  • Maak gebruik van die Ooba App, so kan jy sien wat jou paaiment sal wees teen die rentekoers wat die bank aanbied, asook die oordragkostes betaalbaar.
  • Voltiteleiendomme se instandhouding sal meeste van die tyd jou verantwoordelikheid wees. Maak seker dit pas jou sak. Deeltitels se beheerliggaam is gewoonlik verantwoordelik vir instandhouding van die tuine, buitemure, die gebou ens.
  • Cash is king. Spaar soveel soos wat jy kan. Dit is ideaal om jou oordragskostes kontant te vereffen. Jy sal ook sekere meubelstukke moet aankoop, gordyne en klein goedjies wat optel tot groot bedrag.

2. Bly kalm

  • Jy weet wat jy kan bekostig, wees rustig daaroor, as iemand nie jou offer aanvaar nie, is die plekkie nie vir jou bedoel nie. Moenie oor jou begroting gaan nie.
  • Dit kan maande neem – dit is normaal! Moenie oorhaastig wees nie. Dit is ’n 20-30 jaar commitment.
  • Maar moet ook nie settle nie, dit moet die regte plek wees.

Lees: Drie dinge om aan te dink voordat jy jou eerste huis koop

3. Beplanning en begroting

  • Maak seker jy het ’n goeie kredietrekord vooraf, kry sommer ’n voorlopige goedkeuring by jou bank.
  • Wees realisties oor jou werk en jou werksekuriteit. Indien jy op probasie is of die maatskappy waarvoor jy werk sukkel – hou bietjie vas!
  • Onthou om jou versekering aan te pas – huisversekering- en lewensversekeringpaaimente gaan opgaan.
  • Begroot vir klein goedjies wat jy kan vergeet soos trekkostes, arbeidskostes van skoonmakers, slotte wat vervang moet word, vensters wat kan breek tydens die trek ens.

You’ve got this!

Back To Top
%d bloggers like this: