skip to Main Content
Hou Hierdie Maatskappye Dop Vir Dekor Winskopies!

Kom ons wees eerlik met mekaar – ware geluk is om op ’n up to 50% off uitverkoping af te kom. Maak ’n knoop in jou oor, hierdie maatskappye bederf ’n mens af en toe.

1. MRP Home

Hierdie trendy young minded company maak dit moeiteloos vir Suid-Afrikaners. Kyk uit vir aanlyn offers onder die “PROMO” tab op die tuisblad. In die winkel self, kan jy uitkyk vir die “PRICE TO GO” rak. Die prysplakker op die produkte is helderrooi en wys die ou en nuwe prys. Jy kan die offers en goeie pryse die hele jaar verwag.

2. Woolworths

Sensasioneel, seisoenaal en sommer net presies wat hulle dit noem: THE QUALITY SALE! Registreer onmiddellik as ’n WReward lidmaat – so sal jy ’n SMS ontvang met al die juice. Boonop, sal jy ook dan sommer nog afslag kry omdat jy deel is van hul lojale kliënte. Die meerderheid van die groot takke maak vroeër die oggend oop vir jou om vinnig in te loer voor werk.

3. One Day Only

Impulsiewe koper? Liefste BELLA sal aanbeveel dat jy sommer hier ophou lees, ons kyk uit vir ons spender susters. Die druk is aan, jy het 24uur om ’n selektiewe klompie items teen ’n winskoop te koop, die vangplek is wel dat daar net ’n sekere hoeveelheid items beskikbaar is. En na die 24 uur is die offer verby! Maar moenie bekommer nie – dit word daagliks aangebied!

4. Takealot

Het jy geweet van Takealot se “Daily deals” en “Clearance” tab op hul tuisblad? Gerieflik opgedeel in kategorieë. Van hondekos tot brandblussers. Daily deals se konsep werk soos One Day Only sin. Jy kan op verskeie maniere betaal met jou kaart, ’n EFT, ’n bankdeposito, COD (cash on delivery), eBucks, Discovery Miles, Mobicred.

5. Poetry

Volg Poetry op alle sosiale platforms om ingelig te bly. Hulle huisware-reeks is manjifiek en aan die einde van ’n seisoen is daar ’n lekker uitverkoping! In die winkel en aanlyn. Hou ook die agterste rakke en die skatte onder die vertoontafels dop – daar is altyd ’n juweel teen ’n afslagprys.

Wat is jou geheim om op hoogte van die uitverkopings te bly? Ek wil graag met jou gesels en tips uitdeel. Stuur ’n epos na decor@bellamagsa.com , hoor graag van jou!

Back To Top
%d bloggers like this: