skip to Main Content
Hierdie Is Die Produk Van Jou Drome!

Dit mag dalk nie die opwindendste deel van jou slaapkamer wees nie, maar die regte beddegoed verseker ’n goeie nagrus wat noodsaaklik is vir ’n produktiewe dag!

Hou op skapies tel en slaap vanaand beter met die hulp van Linen Drawer. Linen Drawer se katoen- en linne produkte is van die hoogste kwaliteit wat ’n kwaliteit nagrus waarborg. Hulle maak gebruik van suiwer katoen in ’n perkale konstruksie met ’n vesel telling van so hoog as 600 vesels per duim.

Lig soos ’n veertjie…

Dit is veerlig – ’n groot voordeel as jy maklik vasgedruk voel onder ’n hoop komberse of swaar duvet. Bedmaats wees gewaarsku: Jy gaan nie die duvet wil deel nie!

Nie te warm of te koud…

Die asemhalings eienskap van die natuurlike vesels help om jou liggaamstemperatuur beter te reguleer. Dit sorg vir daardie cool snuggliness waarna ons almal smag – nie te warm of te koud nie!

Wasbaar en houbaar!

Maklik om te was! Masjien, tuimeldroër of handwas – jy kies!

Dit ruik lekker!

Katoen absorbeer nie liggaamsreuke nie, wat beteken jou kamer gaan varser ruik vir ’n langer tydperk.

A-tie-sjoe!

Katoen vesels besit anti-allergiese eienskappe, wat beteken dit is die beste keuse vir ’n sensitiewe vel en allergie.

Sê totsiens vir sweterige aande, bondels komberse,’n toe neus en bedompige reuke. Koop ’n duvet inner van Linen Drawer en sien uit na ’n soete nagrus.

Produkte kan aanlyn gekoop word! Aflewering is boonop gratis in Suid-Afrika. Gaan besoek hul webblad of skakel 021 872 0108 vir meer inligting en verbeter jou slaapkwaliteit vandag nog!

Facebook: @linendrawer

Twitter: @LinenDrawer

Pinterest: @linendrawer

Instagram: @linendrawercc

Back To Top
%d bloggers like this: