skip to Main Content
DIY: Vatlappies

Herwin jou ou handdoeke en maak ietsie prakties en pragtig vir jou kombuis!

Benodighede vir 2 vatlappies: 

  • Naaldwerkmasjien
  • Skêr
  • 4x Katoenmateriaal stukke (20cm x 20cm)
  • 2x Ou handdoek stukke (20cm x 20cm)
  • 2x Brand-verstandige watteersel stukke (20cm x 20cm)

Metode:

1. Plaas 2 katoenmateriaal stukkies op mekaar, dan die watteersel en ou handdoek heel bo. 

2. Steek die vier lae se punte vas met spelde.

3. Stik 1cm van die kante af reg om, los ’n gaping van 8cm ongestik. 

4. Sny die puntjies van die vierkant af. 

5. Dop die vierkant om deur die 8cm gaping en druk die punte uit met ’n skêr. 

6. Stryk ’n soom in die gaping om seker te maak die stiksel vang dit vas.

7. Stik 1cm reg om jou vatlappie. 

8. Herhaal stap 1-7.

Knoop jou twee vatlappies aanmekaar vas – dit maak ’n lekker en maklike geskenk vir ’n daknatmaak, kombuistee of verjaarsdaggeskenk. 

Back To Top
%d bloggers like this: