skip to Main Content
“Buite-die-boks” Binnenshuisontwerp

Rumour Has It interieurontwerpers en -argitekte het onlangs ’n neutvarse projek genaamd, Design In A Box, bekendgestel.

Ideaal vir selfgemaakte binnenshuisontwerpers en dekor-liefhebbers, designinabox.co.za gee jou toegang tot ’n gespesialiseerde aanlyndiens vir binnenshuisontwerp.

Van aanlynbeplanning, mood boards, monsters, vloerplanne, aangesigte, 3D-weergawe van die voltooide spasie tot stap-vir-stap tutorials, ’n verskafferdatabasis, inkopiekatalogus, lekker lojaliteitafslag en ’n aantal beplanningsdokumente; toegedraai in die vorm van ’n boks voor jou deur. Net ’n paar maklike stappe tot jou eie unieke spasie!

Gaan loer gerus na die video:

 

Of besoek hulle webtuiste of Facebook-blad.

 

Saamgestel deur: Anja Labuschagne
Foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: