skip to Main Content
Basta Met ’n Rookreuk In Jou Huis!

 

Of dit nou die kaggelvuur of die boma se rookbolle van laasnag se kuier is, rook ruik aaklig die volgende dag in jou huis. Liefste BELLA het gaan navorsing doen oor die top wenke om die reuk vinnig-vinnig uit te kry.

Volg hierdie stappe:

Raak ontslae van die bewyse

Maak al die asbakkies skoon, raak ontslae van die as in die kaggel en maak die boma/braai skoon. Gooi alle rook-reuk vullis in ’n sak en knoop dit toe voor jy dit weggooi.

Laat daar wind wees

Maak alle vensters en deure oop – die wind sal help om dadelik die reuk te verlig. Indien die vertrek sukkel met ’n trek, kan jy ’n waaier gebruik. Plaas dit by ’n venster dat die wind na binne waai.

Dra jou meubels uit vir ’n dag of twee. Die son elimineer die reuk van rook soos ’n pro.

Spuit-spuit

Daar is wonderlike reukuitskakeling sproei daarbuite – dit breek reuke af. Kyk vir die woorde “odour eliminating spray”. Jy wil ontslae raak van ’n reuk, nie nog ’n geur byvoeg nie.

Dinge wat reuke absorbeer

Witasyn: Witasyn se reuk is sterk maar dit hang nie vir lank nie. Jy kan ’n bakkie witasyn uitsit en dit vir ’n dag of twee los. Gooi dit dan weg. Jy kan ook ’n asynlappie vat en gladder oppervlaktes afvee om die reuk te elimineer.

Geaktiveerde steenkool: Die steenkool kan so lekker stink nadat dit gebrand het, maar voor jy dit brand, is dit eintlik ’n absorberende stof en jy kan dit ook gebruik. Plaas dit in bakkies en versprei deur die vertrek.

Bakpoeier: Dit suip reuke op, gooi dit op materiaal, matte en teksture wat jy nie kan afvee nie. Los vir 2-3 dae en skud dit dan af of stofsuig die korrels af. Jy kan die stappe herhaal tot jy tevrede is.

Dinge wat elimineer

Belê in ’n goeie lug reiniger – dit trek reuk veroorsakende bakterieë en chemikalieë uit die lug.

Indien die rook reuke van so aard is dat hierdie wenke geen verskil sal maak nie, kan jy oorweeg om die mure, plafonne en vloerlyste oor te verf en jou meubels en matte professioneel te laat skoonmaak.

Back To Top
%d bloggers like this: