skip to Main Content
Wat Sê Ons Eie #BELLboy?

Travel die wêreld om!

Ek was so lucky om saam my vrou en kinders die mooie Europa te besoek: Amsterdam, Vienna en Parys. Dit was ’n verrassing van Michelle af vir my verjaarsdag. Ek wil graag my trip en experience met julle deel, sodat julle ook bietjie ’n ander Emo kan sien – ’n kant wat die publiek nie noodwendig ken.

Ek was nog altyd baie lief vir travel. Ek het in die suburbs van Mitchells Plein grootgeword, not exactly the most glamourous area, but we survived. My tienerjare het maar uit skool bestaan en natuurlik gangs (but that a story for another time). Naweke was ons op die beach, met sulke lekker bruin water… Ja, bruin water!

Nou dat julle bietjie meer my omstandighede kan picture, sal julle verstaan dat ek soms myself heeltemal verloor het in televisie – my escape van die cruel wêreld daar buite. Programme soos Miami Vice en Beverly Hills 90210 het my erg inspireer en ek het gedink: eendag, eendag gaan ek al hierdie fabulous plekke besoek. En daai tyd het ek nie eers besef dat hierdie plekker oorsee is nie! Ek het seker maar gedink dis iewers in Kaapstad weggesteek of in die “groot” Johannesburg êrens. Ek was ’n baie naive tiener en ek sou nooit werklik kon indink dat ek eendag ’n jetsetter gaan wees nie. Ek het selfs tien jaar in Europa gebly waar ek die voorreg gehad het om musicals te doen.

Foto: Burst

I just loved taking it all in.

Soos ek deur die strate geloop het, kon ek die kulturele verskille waardeer. Ek het dadelik geweet: I am born to travel, maar iewers in my hart het ek geweet ek sal dit graag met iemand special wil deel. Michelle het heel toevallig dieselfde tyd ook deur die wêreld getoer mer haar modelloopbaan.

Travelling doen iets aan ’n mens se siel en wese sonder dat jy dit agterkom. Ek waardeer selfs sekere dinge meer en kyk sommer met ’n ander perspektief na dinge. Jy begin ’n world-thinker word en word nie net deur jou eie land se ways beïnvloed nie. Die groot magic is wel wanneer jy dit saam met daai spesiale iemand kan deel. Ek dink ’n goeie plan is verseker om saam met jou geliefde te travel. Jy sal sommer baie vining jou verhouding toets, veral die fondamente en pilare van ’n huwelik, soos geduld en spasie.

Terwyl ek hierdie artikel tik, sit ek op die Champ de Mars, reg voor die Eiffel Toring. My beautiful familie speel rustig op die gras  – happiness! Dit vat my terug na ons eerste reis saam na Bangkok. Daar was ’n groot vloed en ons was ook bang om al die vreemde kosse te eet (Michelle het maar eerder vir ons iets aanmekaar gesit in die apartment waar ons gebly het.) En ek besef net weer, ons is amazing saam. Dit het my egter meer as ’n dekade geneem om te besef, jy kan eers gemaklik saam iemand voel, as jy gemaklik met jouself is. So BELLAS, travel! Neem elke geleentheid wat jou kant toe kom. Die lewe wag nie op ’n mens nie, jy maak dit gebeur!

Beplan ’n lekker trippie saam met vriende na Mosambiek…

Pak jou tassie en gaan backpack deur Indië.

En hopelik eendag kry jy jou perfect traveling partner ook!

#Bellboy

 

Geskryf deur: Emo Adams 

Back To Top
%d bloggers like this: