skip to Main Content
Wie Nie Waag Nie Sal Nie Wen Nie!

“Life is either a daring adventure or nothing at all.” – Helen Keller

’n Marokkaanse-styl troue skep ’n gulde geleentheid om ’n statement te maak, maar geen bruid wil dit oordoen nie. BELLA gesels met Sanderien van Heuning en Jasmyn om seker te maak dat hierdie brawe bruide nie ’n flater begaan nie.

Heuning en Jasmyn se passie is die soet en bekoorlike dinge in die lewe. Uniek-ontwerpte blomme, dekor en skryfbehoeftes vir geleenthede so spesiaal en romanties soos ’n troue, laat hul tiek. Gaan kyk gerus na al die mooi dinge wat Heuning en Jasmyn kan oplewer.

Foto: Shutterstock

Top-drie tips vir ’n Marokkaanse troue:

You’ve got to risk it to get the biscuit!

Indien hiérdie tema in jou kraal val, is jy waarskynlik ’n kunstige mens met hope idees. Steek wierook aan en voel hoe die kreatiwiteit vloei. Wees waaghalsig en moenie bang wees om te eksperimenteer nie. Gebruik verskillende teksture, kleure en dekor wat jy nie noodwendig bymekaar sou sit nie.

Moenie vooropgestelde idees hê nie.

Wees oop vir voorstelle van jou blomontwerper. Moenie te spesifiek wees oor blomme wat jy by jou troue wil hê nie, want in dié geval kan alles mooi wees. Met hierdie tema is bont beslis beter. Sit geel, pienk, groen en selfs blou bymekaar vir effek.

Foto: Shutterstock

Kyk is nie copy nie

Vir inspirasie is dit altyd goed om na ander, soortgelyke troues te kyk. Sit dít waarvan jy die meeste hou bymekaar om sodoende jou eie styl te vind. Kyk is nie copy nie en as jy ekstra inspirasie nodig het kan jy gerus na enige Bollywood fliek kyk.

 

Back To Top
%d bloggers like this: