skip to Main Content
Wedding Planning | Dis Hoe Jy Kop Hou

Die hele storie is reeds uitbeplan op Pinterest en manlief het uiteindelik die groot vraag gevra.

Dis skaars twee ure na die verlowing en almal vra reeds wanneer is die datum, hoeveel bruidsmeisies, wat is die kleur tema en waar is die venue. Skielik begin jy die hele Pinterest board herdink en koop elke trou tydskrif op die rak.

Giphy.com

Baie bruide sal vir jou sê dat om troue te beplan is nie kinder speletjies nie, maar wel een van die ongelooflikste ervaringe nog. Volg die 5 tips om die ervaring ten volle te geniet.

Hoe vroeër hoe beter

Een van die eerste besluite wat gewoonlik geneem word is die seisoen en datum. Of julle nou ‘n hele jaar het tot die groot dag of ‘n paar maande, die experts sê dit is nooit te vroeg om te begin beplan nie. Verminder jou stres deur jouself genoeg tyd te gee om die fyner detail te beplan.

Foto: Unsplash

Genoeg Geld?

Jou spaar varkie sal die meeste van die kostes cover, of nie! Spaar jouself die skok van weggesteekte kostes deur ‘n deeglike begroting op te stel. Baie trou tydskrifte het oulike begrotings riglyne wat jou help om alles in ag te neem voor jy begin spend. Die goue reël dames, is dat as dit bo die begroting is moet nie eers kyk daarna nie. Anders raak jy verlief op iets wat jy nie kan bekostig nie #DontGoThere.

Helpende Hande

Die grootste voorreg met troue beplan is dat jy ‘n span kan kies wat daar is om te help. Ons weet dit is JOU troue maar moet nie bang wees om jou bruidsmeisies te vra vir hulp nie, dis tog hoekom hulle daar is.

 “It’s an honor to be asked to be in a wedding, and your friends want to help make your wedding memorable, personal, and as stress-free as possible, just as you would do for them!” – Sara Fried of Fête Nashville (vogue.com)

Giphy.com

Let it go!

Elke bruid droom van die perfekte troudag, maar die realiteit is die lewe is nie perfek nie. Aanvaar van die begin af dat jy nie als sal kan beheer nie en let it go! Kies jou oorlog en as iets nie uitwerk soos op jou Pinterest board nie, gaan vir die volgende opsie op die lys. Op die ou einde is die doel om dit te geniet en die meer casual troues is gewoonlik die lekkerste.

“Many brides and grooms these days have precise visions of what they want their wedding to be. It is good to have some idea of what you desire, but remaining flexible is key to reducing stress and finding enjoyment in the planning.” – Dr. Karen Binder-Brynes (vogue.com)

Die gaste

Een van die moeilikste besluite van troue beplan is wie nooi jy? Moet nie jouself verloor in skuld gevoelens nie en maak seker dat die mense wie jy nooi die is wie jou en jou h2b se huwelik sal saam vier. Voor julle begin met die lys, sit en stel reëls op. Kinders of nie? Plus-ones of slegs lewensmaats? Hou dan daarby.

Onthou om dit te geniet. Dit mag nou dalk voel of daar nog maande voorlê, maar dit gaan baie vinnig verby. Happy planning BELLA bruide!

 

Back To Top
%d bloggers like this: