skip to Main Content
Voor Jy Die “ja-woord” Sê, Vra Dié 9 Vrae!

Jy het jou beter helfte gevind! Baie geluk! Jy is verlief en verlore en julle dink daaraan om die offisieel te maak.

Daar is mos niks lekkerder as om langs jou liefde van jou lewe elke dag wakker te word nie. Studies het gevind dat die huwelik goed is vir jou fisiese, emosionele en finansiële welstand. Dit klink tog te wonderlik. Of is dit te goed om waar te wees?

Giphy.com

Dr. Eris Huemaer Wianans beweer “It’s not all la-la land happiness and rainbows, the storm happens. At some point we cross the threshold into reality. That’s who we marry.”

Huwelike wat jy sien op Instragram is nie realiteit nie. Ongelukkig kan jy nie ’n mooi filter oor ’n argument plak nie. Jy kan ook nie jou probleme onder die mat in vee met ’n sentimentele hashtag nie.

Giphy.com

Hier is ’n paar vrae wat jy jouself kan vra en jou verhouding toets voordat jy die volgende stap neem.

  1. Is julle op dieselfde bladsy? Streef julle na dieselfde toekoms?
  2. Is julle morele waardes dieselfde?
  3. Het jy al sy lelike kant ervaar? Is dit iets waarmee jy kan saamleef?
  4. Hou jy van hom as mens, as ’n vriend?
  5. Aanvaar jy al sy baggage?
  6. Is julle finansieel op dieselfde vlak? Kan julle oor geld praat?
  7. Vertrou jy hom?
  8. Hoe gereeld het julle seks? Is julle compatible in die slaapkamer?
  9. Kommunikeer julle? Of ignoreer julle net probleme en fokus op die goeie?

 

Back To Top
%d bloggers like this: