skip to Main Content
Voilá Viola!

Her gown is a reflection of her style so it is essential that every last detail is thought through, down to the tiniest bead or button. – Viola Chan

Viola Chan is bekend in die trou-industrie as ’n gesoute ontwerper. Haar trou-ontwerpe bring ’n gesofistikeerde edge en ’n ‘red carpet feel’ tot die troutafel en sy spog met ’n baie kragtige, feministiese styl van ontwerp. Volgens Viola is dit slegs die details wat ’n bruid se uitrusting uniek maak en verseker dat hulle spesiaal voel op die dag.

Foto: Verskaf

Diep gesnyde moue sorg vir ’n edgy-effek en misterieuse lae-snit rûe verseker dat jou trourok ’n statement sal maak. Party van die rokke kan vergelyk word met kunswerke omdat meer as 5000 krale en kristalle op ván die rokke gebruik word.

Foto: Verskaf

Chan maak ook subtiel gebruik van satyn- en chiffonlae en drapperings om ’n romatiese effek te skep.
Haar ontwerpe is uitsluitlik beskikbaar by Bride&co winkels en baie van die ontwerpe fokus op ingewikkelde borduurwerk.

Foto: Verskaf

Om die volle reeks te sien kan #BELLAS gerus na brideandco.co.za gaan.

 

Back To Top
%d bloggers like this: