skip to Main Content
Voel Uit Jou Vel Uit Voor Jou Troudag

’n Bruid se vel is seker een van dié belangrikste komponente wat haar goed laat lyk en voel op haar troudag.

As jy reeds ’n moeilike vel het kan dit dalk soos ’n berg voor jou lyk. Lucinda Lombaard van Almyhart Salon deel haar jare lange vel, bruid en gesondheidstips met #LiefsteBELLA.

Wat is jou nommer een tip vir ’n bruid om te sorg dat sy ’n gesonde, gloeiende vel het op haar troudag?

Sonskerm elke dag, al reën dit! Dis die eerste stap. Dis ook belangrik om die regte mediese velprodukte te gebruik van die begin af. Besoek gerus jou naaste somatoloog om te gesels oor chemiese afskilferings om pigmentasie, aknee en ’n dowwe veltekstuur te verbeter voor die groot dag.

Wat is die grootste fout wat bruide maak met hul vel voor hul troue?

Moet nooit met nuwe velprodukte begin kort voor jou troue nie. Begin minstens ses maande voor die tyd met ’n nuwe produk om veluitslag en irritasie te verhoed. Al is dit hóé verleibaar, moet jy nooit druk of krap aan jou vel nie. ’n Grimeerkunstenaar kan net soveel doen. Moet ook nie intense afskilferings of enige ander intense behandelings twee weke voor jou troue doen nie. Gaan liefs vir een van Lamelle se lactic firm peels of doen net ’n gewone hydrating facial. Dit verseker daardie Hollywood glow wat elke bruid najaag. Laastens is dit belangrik om nie kort voor die troue te waks as jou vel nie gewoond is daaraan nie.

Foto: Lamelle

6 maande voor die troue

Was jou gesig dag en nag. Dis baie belangrik! Moenie met grimering gaan slaap nie. ’n Goeie cleanser is Lamelle se Serra Cleanser (R200), vir droë en sensitiewe velle. Begin met ’n goeie velsorg roetine ASAP. Beskerm ook jou vel met die regte sonskerm. Helase 50 van Lamelle is ’n mediese produk wat jou vel teen die hele ligspektrum beskerm en DNA skade kan herstel. Exfoliate, exfoliate, exfoliate! As mens nie ontslae raak van die dooie weefsel op jou
vel nie, meng jou dooie velselle met jou natuurlike olie wat dan swartkoppies versoorsaak. Probeer twee maal per week met ’n ensiem af te skilfer by jou huis, dan pentereer al jou duur velprodukte sommer beter in die dieper lae van jou vel ook. Bederf jouself met ’n goeie gesigbehandeling of ’n masker by die huis. As jy ernstige velprobleme het, moet jy vroeër begin as ses maande. Besoek gerus ’n gekwalifiseerde skoonheidskliniek vir ’n velkonsultasie.

Foto: Lamelle

3 maande voor die troue

Hou by jou velsorgreeks, dit behoort nou al tweede natuur te wees. Besoek jou salon of kliniek vir die laaste afskilferings of behandelinge. Afskilferings moet twee weke uit mekaar wees, sodat nuwe selle kan vorm op jou vel.
Gebruik interne velsorg soos Omega 3 of gebruik ’n multivitamien. Raadpleeg jou dermatoloog of estetiese salon as jy met inflammasie sukkel lamelle.co.za. Shape en tint jou wenkbroue sodat jou vel solank gewoond kan raak aan die produkte.

’n Maand voor die troue

Gaan vir jou laaste afskilfering en begin met jou nael behandeling. Gebruik elke aand getrou ’n cuticle olie. Exfoliate jou hele lyf twee maal per week en bevogtig dit met ’n lekker body butter. ’n Maand voor die troue is ’n goeie tyd om self tan uit te probeer. Moenie die week van jou troue eers begin nie. Ontspan met ’n goeie massering en pedicure. Doen ook nóú jou eerste teeth whitening behandeling.

’n Week voor die troue

Slaap is in dié week baie belangrik. Drink elke aand chamomile tee om jou beauty sleep in te kry. Doen al jou gesig en lyf waxing 7 tot 10 dae voor die grootdag en oorweeg ’n mini facial om jou vel reg te kry vir jou grimeerkunstenaar. Twee tot drie dae voor die troue kan jy jou naels en tone laat doen. Moet dit nie die dag van jou troue doen nie, dis net te veel stres. Doen ook jou laaste massering drie dae voor die troue. Mens detox na ’n goeie massering en jy wil nie sleg voel op jou trou dag nie.

Foto deur: Danita Marais | True Reflection

Die aand voor die troue

Ontspan in ’n lekker warm bad met 10 druppels lavender olie en 1 koppie Epson sout. Drink genoeg water om jouself te hidreer en sit koue rooibostee sakkies op jou oë. Scrub jou hande, voete en lyf saggies vir oulaas. Slaap tenminste 8 ure om donker sirkels onder jou oë te voorkom. Droom soet drome, want more is jy ’n mevrou!

Back To Top
%d bloggers like this: