skip to Main Content
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey
Foto: Gavin Casey

Melissa en André se spectacular troue het onlangs plaasgevind by MolenVliet Estate in Stellenbosch.

Hierdie kleurvolle Kanadese bruid het seker gemaak dat al hulle buite- en binnelandse gaste se asems weggeslaan word met hulle pragtige dekor en floral ceiling. 

Sy sê

1. Hoe het jy en André ontmoet?

Ek en André het in 2014 in Dubai ontmoet. Ek was besig om ’n rugby event te organiseer en André was die event koördineerder. Dit klink dalk cliché, maar daar was ’n konneksie tussen ons van die eerste oomblik af. Ek was mal oor sy Suid-Afrikaanse aksent!

2. Vertel ons van julle venue hunting ervaring?

Ons het besluit om die venue en plek van die troue ’n geheim te hou. Ek is van Kanada af en André het groot geword in Zimbabwe. Ons het altyd geweet dat ons iewers in die Kaap sal trou. Dit het dit maklik gemaak vir sy familie wat in Afrika bly en vir my familie sou dit ’n ongelooflike vakansie wees. MolenVliet Estate was ’n maklike besluit gewees. Ek het baie navorsing gedoen van oorsee af en ons het die venue geboek sonder om dit eers te sien!

Foto: Gavin Casey

3. Vertel ons van jou pragtige trourok

Ek en my sussie was gedurende Kerstyd in London om vir ons ouers te gaan kuier. Ons het vyf boutiques besoek. Die tweede boutique wat ons besoek het was Suzanne Neville se winkel. Ek was oortuig daarvan dat ek my trourok daar sou kry, en ek het!

4. Julle het ’n flower ceiling gehad wat iets heeltemal besonders was! Vertel ons meer daarvan.

Ek het altyd gedroom van ’n groen troue met baie kleur. Omdat ek in Dubai gebly het, mis mens die natuurlike skoonheid van die res van die wêreld. Die floral ceiling was eerlikwaar my gunsteling deel van die hele troue. Dit was magical en ons gaste was net so beïndruk daarmee. Heike Hayward van Fleur Le Cordeur het die dak ontwerp en het blykbaar 4-uur die oggend al begin daarmee.

Foto: Gavin Casey

6. Wie het jou gehelp om jou droomdag te laat realiseer?

My ma het so ’n goeie oog vir detail en Hannes van KRAAK Events is so kreatief en sy werk is so anders as almal anders sin. Ek volg KRAAK op social media en die feit dat hulle deel was van die dag was ’n droom wat waar geword het.

7. Is daar ’n spesiale storie oor jou ring?

Ek is absoluut mal oor my ring omdat André dit persoonlik ontwerp het. Ek weet hy het vreeslik baie tyd spandeer daaraan. Ek wou nie iets te modern hê nie en ek het iets meer Art Deco gesoek.

Foto: Gavin Casey

Hy sê

1. Wat het deur jou kop gegaan toe Melissa by die paadjie afstap?

Toe ek haar sien loop na my toe het alles en almal om my verdwyn. Dit was die moeilikste ding in die wêreld om my emosies te probeer beheer.

2. Het jy baie gehelp met die troubeplanning?

Ek is baie laid back as dit kom by enige beplanning. Ek het eintlik ’n back seat gevat en haar toegelaat om die leisels oor te neem. My grootste verantwoordelikheid was om die kroeg menu op te stel en seker te maak dat daar ’n groot genoeg verskeidenheid was.

3. Is daar ’n storie agter jou ring?

Ek en Melissa het ’n paar idees gehad. Ek het hulp ingeroep van Dev en Tato wat vriende van my is. Hulle het seker gemaak dat ons almal heeltyd op dieselfde bladsy was en dat elke aspek van die ringe perfek was.

4. Waar gaan julle honeymoon hou?

Ons wil graag ons honeymoon in Nieeu-Seeland en Fiji spandeer. Hierdie jaar het ons egter ’n hele paar destination troues so ons sal hopelik volgende jaar kan gaan.

 

Die Trouspan:

Venue:  MolenVliet Family Estate, Stellenbosch

Troubeplanner: Hannes Maritz, KRAAK

Blomme: Heike Howard, Fleur Le Cordeur

Dekor: Okasie en In and Out Events

Spyseniering: Slippery Spoon

Skryfbehoeftes: Secret Diary & Lezanne Design

Fotograaf: Gavin Casey

Videograwe: Ian – Vision on Fire

DJ: DJ Dario

Vermaak: Acoustic Element

Hare: Sanmarie Botha

Grimering: Alicia Buckle

Trourok: Suzanne Neville

Ringe: Alpha Jewellery, Zimbabwe

Bruidsmeisies se rokke: Boutiques van Australië en Londen

Pakke: Italian Designer from London & Groomsmen suits were from

Back To Top
%d bloggers like this: