skip to Main Content
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click
Foto: JC Click

“ ’n Besonderse spesiale geestelike ervaring vir ons, en ook vir ons gaste. Dit was ’n dag gevul met soveel rustigheid en bonatuurlike geluk en liefde.”

Dít is hoe Demi en Sias Nel hulle troudag beskryf as hulle gevra word. Hierdie pragtige, sagte bruid het met deernis en fyn beplanning haar troudag georganiseer. Die sprokiestroue waarvan sy nog altyd gedroom het, het plaasgevind in ’n sprokieswoud se boskerk. Haar nuwe advokaat-man kan nie anders as om met lof van sy nuwe bruid te praat nie.

Sy sê:

1. Vertel ons hoe julle ontmoet het en wat is jou gunsteling kwaliteit van jou man?

Ons was al van kleintyd af bewus van mekaar omdat ons in dieselfde straat, net ’n paar huise van mekaar af, groot geword het. Ons het egter eers in 2015 met mekaar begin praat toe ék vir Sias ’n boodskap op Facebook gestuur het. Ek is verlief op alles van my man, maar as ek een kwaliteit moet uitsonder sal dit defnitief sy ongelooflike skerp sin vir humor wees. Hy laat my elke dag lag!

2. Hoe het jy en Sias op Florence Guest Farm as trouvenue besluit?

My ouers was by ’n troue gewees op Florence Guest Farm en hulle het verlief geraak op die venue. Toe ek en Sias verloof geraak het, was Florence die eerste plek waarnatoe ons gegaan het en ons het dadelik geweet dat dit die plek was waar ons wil trou. Ek was mal oor die boskerk! Dit het vir my ’n rustige en geestelike ervaring laat beleef wat vir my belangrik was op die spesiale dag.

Foto: JC Click

3. Jy was ’n pragtige bruid gewees! Vertel ons meer van jou uitrusting op die dag.

Ek wou graag ’n elegante en stylvolle beeld vertoon op die dag. My trourok was alles waaroor ek ooit gedroom het, en nog meer. Die rok was gemaak van kant en sagte satyn. Dit was ook nie spierwit nie, maar eerder ivoor. Ek het ’n lang sleep gehad en ook ’n lang veil. Dit het my soos ’n regte prinses laat voel. My trouskoene is van Steve Madden. Die skoene het ’n dik hak gehad wat dans en stap baie maklik gemaak het. My ma en skoonma het my bykomstighede by Timeless Bridal Couture gekoop. Dit was die mooiste oorbelle en armband wat perfek by my rok gepas het.

4. Het julle troue ’n spesifieke tema gehad en wie het gehelp om die dag te laat realiseer?

Elegant and pastels. Dít is wat ek wou gehad het ons dag moes wees. Omdat ons ’n sagte beeld wou skep het ons blomme in sagte kleure gebruik. Onder andere het ons rose, eukaliptus, gips, tube roses en jubilee crowns gebruik. Ons wou graag ’n adellike atmosfeer skep en daarom was ’n koninklike, antieke blomstyl gepas. Ons het ’n sprokiestroue in die woud gehad en die sagte pastelkleure het die ideale atmosfeer geskep.

Foto: JC Click

Ek is ongelooflik dankbaar vir almal wat bygedra het om die dag perfek te maak. Ons trou koördineerder, Mia het seker gemaak dat alles mooi lyk en seepglad verloop. Natuurlik sou die dag ook nie moontlik gewees het sonder ons ouers nie. Hulle het so baie vir ons gedoen. Dan het my wonderlike bridesmaids so ’n groot rol gespeel om die dag spesiaal te maak. Die onvoorwaardelike liefde en ondersteuning wat ek van hulle ontvang het was iets besonders gewees.

Hy sê:

1. Wat het deur jou kop gegaan toe sy by die paadjie afstap?

Daar het ’n groot kalmte oor my gekom. Dit was ’n ongelooflike gevoel om haar uitendeilik te sien (na ’n paar ure wat gevoel het soos ’n ewigheid) en te weet dat ek op dáárdie dag met die vrou gaan trou waarvoor ek al so lank gebid het.

Foto: JC Click

2. Het jy baie gehelp met die troubeplanning?

Ek was in die bevoorregte posisie omdat my vrou min of meer alles van die troue beplan en uitgevoer het. Daar was tye wat ek ’n groter bydrae wou maak, maar ek het vining besef dit is bo my vuurmaakplek en dat my idees nie naby kom aan Demi se jarelange drome nie. Sonder haar tyd, moeite, harde werk en liefde sou ons onvergeetlike dag nooit so ’n groot sukses kon wees nie. Ek was wel in beheer van die dominee, die ringe, my eie suit en my groomsmen se suits en bykomstighede

3. Vertel ons meer van jou troupak en bykomstighede.

Ek het ’n drie-stuk charcoal pak gedra, met swart skoene en ’n blou-grys das. Ek het die pak laat maak, my skoene by Aldo gekoop en my das by D’S Damat.

Die Trouspan:

Venue: Florence Guest Farm and Wedding Venue

Troubeplanner: Mia Shultze

Blomme en dekor: Don’ Annique Troues

Skryfbehoeftes: Blitsdruk

Fotograaf: JC Click

Videograwe: Mighty Fine

DJ: Mega Music

Koek: Drien Botha

Vermaak: Van Wyk Brand

Hare en grimering: To be Styling – Marike Nel

Trourok: Timeless Bridal Couture

Bruidsmeisies se rokke: Gelique Couture

Bruidegom se pak: Tip Top Tailors

Back To Top
%d bloggers like this: