skip to Main Content
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography
Foto: Koringkriek Photography

Lindi en Christiaan se motto in die lewe is definitief ‘hustle while you’re young’.

Dié twee bestuur ’n lodge in die Bahamas en het al die afgelope 6 jaar in plekke soos Rusland en die Seychelles gewerk as gevolg van Christiaan se vlieghengel skills. Hulle albei ‘tree af’ in Julie en gaan letterlik vir hulle ’n huisie by die see kry.

Lindi het vlieghengel deel gemaak van hulle groot dag deur visvang-mandjies uit die dak te hang om dit te laat lyk soos die visvang-mandjies wat tradisionele stamme gebruik om kos te vang. Mos tussen die mandjies het dit laat lyk asof jy aan die onderkant van ’n dam lê en op kyk. “Ons wou ons lewe in ’n klassieke manier vertoon by ons troue.”

Sy sê

1. Wou julle nog altyd by Die Woud trou? Hoe het julle op die venue besluit?

’n Mens het definitief ’n beste vriendin vir ’n rede. Ons het verloof geraak by Pira Lodge in Argentinië. Die wifi is stadig, maar ek kon darem vir my familie en beste vriendin, Maryke, laat weet. Die volgende dag was daar ’n lang boodskap van Maryke af. Sy het sommer klaar datums eenkant laat hou vir ons by Die Woud omdat hulle amper twee jaar vooruit vol geboek is. Ons het eers 4 maande later Die Woud besoek en ek het uitgebars in trane toe ek in die glass marquee instap. Sonder blomme of dekor het Die Woud my asem weggeslaan.

2. Wat was jou gunsteling element van die troue?

Bottomless Coffee Band het ons vermaak op die dag. Hierdie twee is meer as net ’n groep met lekker ritmes wat jou voete laat jeuk, fantastiese lirieke, interessante instrumente en ’n teatrale invloed. Este en Lourens het by die seremonie Pie Jesu acoustic gespeel terwyl ek by die paadjie afgestap het. Dit was incredible.

3. Vertel ons meer van jou trourok.

Ek en my beste vriendin was in April 2018 na New York toe om my trourok te gaan soek by Kleinfeld. Dit was vir my ’n bucket list trip gewees. ’n Mens kyk altyd na Say Yes To The Dress en droom om eendag ook ’n Pnina Tornai rok vir jou eie troue te hê. Maryke het hierdie hele trip vir ons twee beplan en dit was omtrent ’n droom wat waar geword het. Dit was die 3de rok wat Mindy van die TV program vir my gebring het en ek het dadelik begin huil.

4. Wie het jou grimering en hare gedoen?

Daar is net een persoon wat ek vertrou met my grimering en dis Julia Banjamin. Ek het haar van Windhoek, Namibië, af laat invoer. Sy was al by ’n make-up skool saam met Kim Kardashian en haar make-up artist. JUP I KNOW! My hare was deur Ilke Zimmermann gedoen van Le Hair Lounge in Stellenbosch. Sy doen al my hare vandat ek Stellenbosch toe getrek het vir my studies.

5. Jou ring het ’n spesiale storie. Vertel ons meer.

Ek het geweet die verlowing kom een of ander tyd, maar ek het nie gedink dit sou in Argentinë gebeur nie, want hoe kry hy ’n ring dáár? Christiaan het die ring in Johannesburg laat maak en sy ma het besluit op die diamant. Een van sy vriende is ’n vlieghengel-gids by Pira Lodge in Argentinië. Sy vriend se ma het van Johannesburg af gevlieg met die ring aan haar vinger en só het my ring in die Noorde van Argentinië beland! By ons troue het Christiaan my verras met ’n troupand wat sy niggie gemaak het. Ons het eintlik besluit om eers een te kry as ’n 10 jaar anniversary present. Christiaan ruk toe die troupand uit sy suit sak uit by die seremonie!

6. Raad vir ander paartjies?

Hustle while you’re young – it’s over in the blink of an eye. Die oorsee bly het ons toegelaat om ’n wonderlike fondasie te bou en ons ’n voorsprong in die lewe gegee. Ons tree af in Julie en het ’n huisie in Somerset-Wes en begin nou nog een bou in Windhoek, naby aan my familie.

Hy sê

1. Het jy baie gehelp met die troubeplanning?

Lindi is ongelooflik talentvol met beplanning en ek dink sy het lankal ’n prentjie en idee gehad van hoe haar troudag moet wees. Ek het haar ten volle vertrou. My verantwoordelikhede was heel maklik in die vorm van baie ondersteuning, baie soene en ook my kredietkaart!

2. Vertel ons meer van jou troupak.

Ek is nie een wat baie gesien word in deftige pakke nie. Om eerlik te wees het ek seker in totaal minder as ’n week skoene gedra die afgelope jaar. Die Bahamas is nie ’n plek vir toe skoene nie. ZED Menswear in Kaapstad het ’n baie goeie reputasie vir tailored pakke, so hulle was die enigste opsie. Met ’n Black Label in die hand het hulle my suit aan my lyf getailor en wow, wat ’n belewenis.

3. Vertel ons van jou trouring?

My ring is redelik eenvoudig. Afgewerkte silwer band in die binnekant en buite-om is dit met geoksideerde silwer afgerond. My niggie, Petro Minnie was so gaaf om die ring vir ons te custom maak. Dit het ook net ’n volle week gehou! Ons was op ’n boot in die Bahamas besig om visse met Hawaiin slings te skiet en toe ek op die boot klim om die vis af te haal van my sling af het my ring 28 meter diep in die water geval. Ons het almal in die water gespring om hom te soek, maar ’n bull shark het besluit om ook te kom kyk wat die lawaai is. Ons het maar besluit om op te gee. Ek dra nou’n silicon een tot ons terug is in Afrika.

Die Trouspan

Troubeplanner: I Do 4 U (MT Ferreira)
Venue: Die Woud
Fotograaf: Koringkriek Photography
Videograaf: Saltlight Studios

Blomme: Bouwer Flowers | Shari Akal
Dekor: Happinest Weddings | Erin Turnbull
Koek: The Birdcage | Beate Strydom
Skryfbehoeftes: AK Weddings & Design | Anika Knight
‘Memorial Corner’ Kunstenaar: Anja Black
DJ: DJ Pepe | Pierre Smit
Live Band: The Bottomless Coffee Band | Lourens + Esté Rabé
Trourok: Kleinfeld, New York | Pnina Tornai
Trourok herstellings: Wilma De Villiers
Trouskoene: Jana Annandale
Strooimeisies se rokke: Show Me Your Mumu, California USA
Christiaan Troupak: Willem Venter | ZED Menswear
Christiaan Ring: Petro Minnie
Gevolg se geskenke: The Box Collection – HQ | The Collective Namibia
Strooijonkers se leer bykomstighede: Bark Design | Schalk Steenkamp
Grimering: Julia Benjamin | Ilke Zimmermann
Hare: Le Hair Lounge | Ilke Zimmermann
Wyn en sjampanje: Willem en Alida:
Rehearsal Braai: Deon, Heleen, Willem, Alida
Naels: Lindi Naels – AFX Nails, Somerset Wes
Strooijonkers T-hemde: FLINK. , Durbanville | Karla Swanepoel

Back To Top
%d bloggers like this: