skip to Main Content
Troubeplanners: Yay Or Nay?

Planning my wedding was very easy and stress free – Said no bride ever

Jou kêrel het uiteindelik die groot vraag gevra. Jy het jou datum vasgemaak en jou familie is in die sewende hemel oor die hele affêre. Al wat nou oorbly is om te besluit of jy ’n wedding planner gaan kry of nie.

Hier volg #liefsteBELLA se voor- en nadele van ’n troubeplanner:

Yay’s

Joú deel is gedoen

Jy kan ’n sug van verligting gee. Behalwe vir jou trourok, hare en grimering is jou deel van die beplanning so te sê afgehandel. Jou dekor, kos, gevolg en die trouprogram is alles jou wedding planner se verantwoordelikheid.

Troubeplanners ken die mark

Wie is die beste DJ? Gaan die fotograaf in my begroting val? Pennygum of gips?

Jou wedding planner sal weet. Hulle ken die troumark en kan vir jou kompeterende verskaffers gee om van te kies.

Vars perspektief

Enige troubeplanner wat sy/haar sout werd is, gaan weet wat werk en wat werk nie. Jou troubpelanner sal dalk ’n vars uitkyk gee op jou idees en planne. Dit sal verseker dat jou troue uniek en spesiaal bly.

Nay’s

Dis duur

Asof ’n troue nie duur genoeg is nie, kos ’n troubeplanner jou nog baie ekstra. Onthou dat hierdie individu sy/haar bestaan maak uit stresvolle troubeplanning. ’n Mens kan hul seker nie kwalik neem as hulle ’n plaas se prys vra nie!

Jy is nie in beheer nie

Dalk sien jy nie kans vir die troubeplanning nie of dalk het jy bloot net nie tyd nie. Jy het vir ’n rede jou troubeplanner aangestel. Dit beteken ook dat jy dan nie baie beheer gaan hê oor die reëlings nie. Jy het definitief nog insae in die groot goed, maar die details sal heel moontlik afgehandel wees sonder dat jy eers daarvan geweet het.

Dit kan onpersoonlik raak

Vir al ons sentimentele #BELLAbruide, kan ’n troubeplanner jou dalk verhoed om kosbare herinneringe te maak. Baie van die klein details wat gewoonlik die algehele prentjie mooi maak, raak verlore as jy nie self insette daarin het nie.

Back To Top
%d bloggers like this: