skip to Main Content
Fotograaf: Lana Human

As ’n mens dink aan moderne trou-inspirasie dink ’n mens nie noodwendig eerste aan die hartjie van die Vrystaat nie. Tog, het ek ’n paar van Bloemfontein se beste vendors bymekaar gekry om presies die teendeel te bewys.

’n Novelty bride is ’n bruid wat nie skroom om oorspronklik te wees nie. Sy is nie bang om iets nuut te probeer nie. Hierdie maand bewys ons dat die boekwurm-bruid ook ’n trendsetter kan wees.

Fotograaf: Lana Human

Juweel-kleure soos emerald green, mosterd, navy, ruby en jade is nie net kleure van outydse romance novels wat jy in ’n biblioteek sal vind nie, maar kan ook baie mooi lyk as hoofkleure van ’n wintertroue. Vra jy vir Ulrich Venter van Grand Room Designs waar sy inspirasie vandaan kom, is sy antwoord eenvoudig: “Ek het gevra waar ek myself sou sien sit voor ’n kaggelvuur met ’n glas rooiwyn in een hand en ’n boek in die ander. Die antwoord is -Warm Karoo, The Kitchen.”  Warm Karoo het die perfekte agtergrond geskep vir ons styled shoot. Die hout afwerkings, muurpapier, goeie wyn en heerlike tuisgebak het as inspirasie gedien.

Fotograaf: Lana Human

Blomme

Ons het papierblomme saam met vars blomme gebruik om die tema van die novelty bride te komplimenteer. Blomme soos Anemone, rose en freezias het as kind in ons tuin gegroei. Dit skep ’n gevoel van nostalgie, terwyl hedendaagse blomme soos tulpe, heather en eryngium weer tekstuur verskaf.

Dekor en Blomme: Grand Room Design

Teksture

Persiese matte is gebruik saam met ’n blou suadeb tafeldoek, antieke gestoffeerde banke en ottomans.’n Kombinasie van verskille houtstoele en kleurryke glas is ’n goeie kombinasie wanneer jy met verskillende aksente speel.  

Fotograaf: Lana Human

Metaalkleure

Verskillende metaalkleure het al die ander elemente saamgebring en beklemtoon. Goue eetgerei en kerse het ’n romantiese gevoel geskep en was afgerond met ’n geweefde, blospienk lapservet.’n Swart en goud lig-installasie het ’n fokuspunt gevorm en het gepaard gegaan saam met roosgoud vloerlampe.’n Antieke roomkandelaar en roosgoud elemente het weereens bewys dat kontrasterende elemente mekaar kan komplimenteer.

Fotograaf: Lana Human

Brille

Al die brille was deur BRIL verskaf, en het die golden thread gevorm tydens die shoot. Die boekwurm bruidspaar het modern, maar steeds klassiek gelyk. Alhoewel enigiets goed kan lyk saam met ’n custom made Stanley Baptiste rok, het ons het bewys dat bruide ’n bril kan dra op hul groot dag en steeds BRILjant lyk.

Bril: Verskaf deur BRIL

Kos

Carries Cookies & Candy het die gedagte van warm sjokolade gebruik en dit afgerond met ’n spul eksotiese bessies en vrugte. Die koek was uitgestal op ’n antieke koekstaander wat direk uit ’n trousseau-kis geneem is. Warm Karoo het ook heerlike tuisgemaakte S’Mores en ’n pragtige peer-poeding bedien saam met fruit-infused tea.

KOS: Warm Karoo & The Kitchen

Pak

Verby is die dae dat die bruidegom se uitrusting slegs daar is om die bruid sin te komplimenteer. Stanley Baptiste wys hoe die bruidegom op sy eie ’n statement kan maak op die troudag. Christopher was geklee in ’n honeycomb geel fluweel turtle neck saam met bottelgroen en navy baadjies. Vir sy tweede uitrusting het hy ’n klassieke swart tweed baadjie aangehad met ’n mesh strikdas wat ons bruid baie mooi gekomplimenteer het. Verskillende teksture en style bewys dat ’n doodgewone swartpak nie jou aanstaande se enigste opsie is vir die dag nie.

Pak: Stanley Baptiste

Rokke

Annique het twee uitrustings aangehad. Die ‘geeky look’ het mooi ingepas by ons boek-tema en het ’n sterk 50’s gevoel gehad. Dié Baptiste ontwerp het gepaard gegaan met handskoene en ’n kort baadjie.’n Titseljie teal faux fur was gekies om al die elemente saam te bring. Die tweede uitrusting is waarvan trourok-drome gemaak word.’n Klassieke aandrok in ’n warm mushroom kleur, saam met lang handskoene was genoeg om die koue af te weer.

 

VENDORS:

Fotograaf: Lana Human Photography

Dekor & blomme: Grand Room Design, Ulrich Venter

Rokke: Stanley Baptiste

Pakke: Stanley Baptiste

Grimering: Lesya Nel Professional Make-Up & Microblading Artist

Hare: Kolor, Melinda Coetzee

Troukoek: Carrie’s Cookies & Candy

Skryfbehoeftes: Something Gold Design Studio

Modelle: Annique Borman & Christopher Grivas

Venues: Warm Karoo & The Kitchen; The Tredenham Boutique Hotel

Kos: Warm Karoo & The Kitchen

Brille: BRIL

Back To Top
%d bloggers like this: