skip to Main Content
Trou: D-day Detox

Eliminate what doesn’t help you evolve – Cirino

Jou troudag is baie spesiaal en dit is belangrik dat jy goed voel op die dag en gemaklik in jou eie vel. Heartbeet vertel ons meer van hoe en hoekom jy moet detox voor jou troue.

1. Hoekom moet bruide detox voor die groot dag?

Baie bruide maak gebruik van ’n detox voor hul troudag om die opbou van negatiewe toksiene in hul sisteem te verwyder. Daar is baie voordele en onder andere is gewigsverlies een van hulle. Meeste bruide verloor gewoonlik tussen 2-5 kilogram met ’n detox. Ander voordele sluit natuurlik in dat jou liggaam binne en buite ‘skoon’ is. Jy kan ook ’n groot verskil voel en sien aan jou vel en hare. Die alombekende bridal glow is ook iets waarna bruide streef. Dít ervaar mens gewoonlik na ’n goeie detox, omdat jou vel skoon is en al die nutriënte van die detox juice opgeneem word deur jou liggaamselle.

Foto: TruRefelction Studio

2. Wat is die grootste fout wat mense maak as hulle wil detox?

Een van die grootste foute wat jy kan maak is om nie jouself vooraf gereed te maak om te detox nie. Baie mense dink om te detox is maklik en dat dit sommer sonder sukkel en motivering aangepak kan word. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Net soos wat jy jou kop gereed moet kry, moet jy ook jou liggaam gereed kry. ’n Paar maklike punte om te onthou is om minder proteïne en koolhidrate voor ’n detox in te neem. Probeer baie meer vrugte en groente eet en fokus op gesonde plantproteïne. Baie water is ook belangrik voor, gedurende en na ’n detox. Verminder jou
suikerinname.

Foto: TruRefelction Studio

3. Hoe lank voor die tyd moet bruide begin detox?

Dit is veilig vir bruide om twee tot drie weke voor die troudag op ’n detox te gaan.  Heartbeet het verskillende produkte beskikbaar waarvan jy kan kies. Dit sluit ’n 7-dag, 5-dag en 3-dag detox boks in, afhangende van hoe lank en intens jy wil detox. Daarna kan jy ’n lifestyle boks kry wat gemaak is om by jou besige leefstyl in te pas tot die dag van die troue. Die lifestyle box is veral ideaal as jy ’n maaltyd wil vervang of net die nodige gesonde nutriënte op ’n vinnige en maklike manier wil inkry.

Foto: TruRefelction Studio

Back To Top
%d bloggers like this: