skip to Main Content
Top 5 Tips Vir Die #BELLAbruid Se Gastelys

Your life isn’t yours if you constantly care what others think – Unknown

Nadat jy rofweg ’n gastelys gemaak het, en finaal besluit het om nié jou ouma se beste vriendin se kind te nooi na jou troue nie, kan daar steeds ’n paar goed wees wat jy vergeet.

Hier volg #LiefsteBELLA se top 5 tips vir jou gastelys:

Tip 1

Moenie mondelings mense nooi wat nie op jou oorspronklike gastelys is nie. Dit veroorsaak akward, onaangename verduidelikings wat ekstra stresvol is voor die troue. Jy hoef ook nie aan mense te verduidelik hoekom hul nie genooi is nie.

Tip 2

Probeer om dit so regverdig as moontlik te hou wanneer dit kom by nommers van albei kante van die familie. Mens wil nie die idee skep dat ’n sekere familie die troue oorgeneem het nie. Tensy een van julle ’n verskriklike groot óf klein familie het, moet die getalle aan elke kant min of meer dieselfde wees.

Foto: Shutterstock

Tip 3

Moenie vergeet om kinders by te tel nie. Hulle tel as gaste, maak nie saak hoe klein hulle is of min hulle eet nie. Bereken hulle in by die kos én dekor. As julle kies om nie kinders te nooi nie moet julle dit duidelik op die uitnodigings sê. Probeer ook om nie onregverdige uitsonderings vir sekere gaste te maak nie.

Tip 4

Die bruid en bruidegom tel ook as gaste so moenie vergeet om julself by te tel nie. Fotograwe, videograwe en die DJ moet ook bygetel word by die kos en dekor en onthou om jou gevolg ook by te tel.

Tip 5

Baie mense gaan kanselleer. Onthou om hulle van die gastelys af te haal óf iemand in hul plek te nooi. Jy moet gereeld en getrou jou gastelys opdateer en moenie verwag dat al jou gaste vanself gaan RSVP nie. Jy sal heel moontlik ’n paar mense moet smeek om te antwoord.

Back To Top
%d bloggers like this: