skip to Main Content

’n Beskrywende woord van Franse herkoms, wat ‘swart’ beteken. Die woord word algemeen gebruik om genres van films, boeke en kuns te beskryf wat gekarakteriseer word deur sinisme, fatalisme en morele dubbelsinnigheid.

Hierdie tablescape is vir die bruid wat bereid is om ’n kans te vat. Swart was vir lank gesien as ’n kleur wat nie noodwendig met troues geassosieer word nie, maar die tye het verander, en so ook ons opinie oor swart. Hierdie meesterstuk is geskep deur verskillende vars en gedroogde blomme te gebruik en dit te kombineer met baie swart aksente.

Die tablescape sal baie goed werk vir enige herfs- of wintertroue, en jy kan verseker wees dat gaste hierdie skepping sal onthou.

Die Span

Konsep en koördinering: Amo Creative
Blomme: Paradiso Flowers
Dekor: Baie Goeters, Grand Room Design, Wakoko Décor Hire, Mervyn Gers Ceramics
Fotograaf: Lindie Wilton
Meubels: Destinctive Event Furniture Hire
Skryfbehoeftes: Papier. Handmade Finery

Back To Top
%d bloggers like this: