skip to Main Content
Pinterest: Vriend Of Vyand?

As jy enige bruid vra wat sy beplan vir haar troue is haar Pinterest board seker die eerste ding wat sy uitpluk om vir jou te wys.

Pinterest het aanvanklik in 2010 sy digitale deure oopgemaak en is vandag meer as 15 biljoen dollar werd. Daar is ongeveer 75 biljoen idees op Pinterest en baie #BELLAbruide kan met sekerheid sê dat hulle deur helfte van daai idees gescroll het.

Wanneer jy ’n troue beplan is dit soms moeilik om te weet waar om te gaan soek vir inspirasie. Dus, verval baie van ons in die blackhole van Pinterest. Jy was dalk by ’n troue waar die groen dekor vir jou mooi was. Jy tik dan in Pinterest se search bar “green”, “wedding” en “décor”. Onmiddellik word derduisende prentjiemooi foto’s van groen dekor na jou kant toe gegooi. Dan moet jy begin kies: olyfgroen, pastel, sage of emerald. Kies jy een van dié word daar nog ’n paar duisend idees uitgelig. Dis dan wanneer die bridezilla in jou uitkom en jy besluit groen is dalk nie die beste troukleur vir jou nie.

Foto: Shutterstock

Alhoewel Pinterest vir jou ’n visuele uitbeelding kan gee van jou idees, kan dit jou ook deurmekaar en oorweldig laat voel. #BELLA beveel aan dat jy jou soeke baie spesifiek en gesentreerd hou. Moet nie net na trou pins kyk omdat jy verveeld is nie. Jy maak jouself, jou verloofde en tien teen een die persoon wat jou dekor doen, mal.

Sou jy dalk vasbrand en inspirasie soek vir iets soos tafelplasings, kan jy dit gerus Pinterest. Maar moenie net “wedding” en “place settings” soek nie. Dit kan heel moontlik veroorsaak dat jy die tyd, tema, plek en gevoel van die hele troue wil verander. Soek eerder baie spesifiek na iets. Jy kan byvoorbeeld “place setting”, “wedding”, “green”, “creative” én “simple” intik. Jy is dan verseker dat jou soeke iets gaan oplewer wat inpas by jou oorspronklike idee en jy word nie gebombardeer deur ander foto’s en idees nie.

Prettige Pinteresting!

Back To Top
%d bloggers like this: